Geweld van Ramaphosa Faksie Teen Zuma Malema RET Faksie gee Suid Afrikaners ‘n Voorsmaak van hoe Siviele Oorlog Gaan Lyk!

Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet.

Domino-effek van ANC Geweld: Transnet Sluit NatCor, die Ruggraat van Goedere Vervoer Tussen Gauteng en Durban

Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.

Oud Terroris Robert McBride Geskors van die Staatsveiligheidsagentskap

Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het bevestig dat Robert McBride, die omstrede hoof van die buitelandse tak van die agentskap, geskors is.

Somaliese Asielsoeker wat deur Merkel & Kie Verwelkom is, Steek 3 Blanke Vrouens Dood en Beseer 7 in Duitsland!

In die Duitse stad Würzburg, wat in Beiere geleë is, is nog ‘n ernstige Islamitiese terreuraanval uitgevoer deur ‘n Somaliese asielsoeker, wat in 2015 deur Merkel & Kie verwelkom is, toe hy drie vrouens met ‘n groot kombuismes grusaam geslag het en nog 7 gewond het.

Zuma en Ramaphosa Skandale Bewys Politisering van die Openbare Beskermer en Konstitusionele Hof!

Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val.

Zuma sal Waarskynlik “Spesiale Behandeling” in die Tronk kry, sê die Gevangenis en Regskenners – sou hy daar beland!

Honderd vier-en-veertig dae in die tronk. Dit is die minimum wat Jacob Zuma van sy vonnis van 15 maande kan uitdien voordat hy vir vrylating oorweeg kan word.

Inenting is nie ‘n Waarborg nie! In Israel is Helfte van Nuwe Gevalle Voorheen Ingeënt – 90% Besmet met Delta/India Mutasie!

Volgens ‘n Israeli amptenaar, is die helfte van volwassenes wat in die jongste COVID-19-uitbraak besmet is, volledig ingeënt. Ongeveer 90 persent van die nuwe COVID-19-infeksies in Israel is veroorsaak deur die India / Delta-variant van die CCP-virus, het amptenare gesê, terwyl hulle bygevoeg het dat ongeveer die helfte van die volwassenes, wat in die onlangse uitbraak besmet is, volledig ingeënt was.

Mosambiek se Italiaanse Gasprojek nog op Dreef Ondanks ISIS Aanvalle, maar vir Hoe Lank?

Die Italiaanse energiemaatskappy Eni het Maandag beweer dat ‘n buitelandse gasprojek in die noorde van Mosambiek, wat deur die ISIS geweld getref is, steeds op dreef is om, ondanks die onrus, in 2022 te begin werk, maar daar bestaan ​​twyfel oor die lewensvatbaarheid van eksplorasie-terreine vir vloeibare aardgas (LNG) buite Afungi-skiereiland in Mosambiek, sedert militante die kusdorp Palma in Maart aangeval het.

Na R 1 Miljard met min Resultate, wil Raymond Zondo Die Zondo Staatskaping Slenter WEER Verleng!

Hoeveel kos die Waarheid? Die adjunkhoofregter het toegegee dat Suid-Afrikaners ongeduldig geraak het met die ondersoek, maar sê ‘n uitbreiding is van kardinale belang