Zuma en Ramaphosa Skandale Bewys Politisering van die Openbare Beskermer en Konstitusionele Hof!

Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val.