
Reisigers van Suid Afrika word nou toegelaat om Duitsland binne te gaan, nadat hulle sedert middel Januarie verbied is om die land te besoek. Reisigers wat volledig ingeënt is, sal nie gedwing word om te kwarantyn nie.
Wêreld Nuus
Dit is verbasend dat ‘n Engelstalige saketydskrif soos Business Day nog na vore kan kom met die retoriese vraag of Suid Afrikaners gelyke regte het. Die gelaaide stelling is opgetel en vertaal na Afrikaans deur professor in sielkunde en kriminologie aan die Universiteit van Suid-Afrika, Chris Nortje. Chris se antwoord was reg en pront uit, “Nee. Jong blankes kan nie eers werk kry in hierdie land nie!“
Lesufi, wat wel bekend is vir sy diktatoriale anti Afrikaanse uitlatings, het sy plan vir etniese volksmoord deur geforseerde rasse integrasie in skole uitgelê, wat mense se grondwetlike reg tot vrye assosiasie ontneem. Dit is duidelik dat tuiskool of CVO skole die enige pad vorentoe is vir blankes. Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy bose plan uitgelê Sondag tydens ‘n persverklaring, toe hy ook aangekondig het dat die graad 1 -klas van 2022 in Gauteng oudergewoonte immuniseringskaarte (nie Covid19 inenting nie) moet voorsien om by skole toegelaat te word.
Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.
‘n Ondersoek na die diefstal van ‘n luukse horlosie uit ‘n huis in Houtbaai het die polisie in die Wes-Kaap na kosbare juwele gelei en glo horlosies in twee pandjieswinkels in die middestad van Kaapstad, wat gesteel is. Lede van die Maitland blitspatrollie het ‘n 45-jarige buitelander in hegtenis geneem, vir die besit van gesteelde goedere nadat hulle horlosies en edelstene – insluitend ongeslypte diamante – by twee tweedehandse goudhandelaars gevind het.
Na wat verneem word, was die ANC raadslid van wyk 71 van Daveyton, Solly Silawule, onder diegene wat ‘n plaaslike drankwinkel by die Daveyton Mall in die omgewing geplunder het. Die Ekurhuleni-wyksraadslid van die African National Congress (ANC), is vermoedelik onder diegene wat in hegtenis geneem is weens die onlangse plundering.
Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!
Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande.