ANC Wyksraadslid van Daveyton, Solly Silawule was glo een van die Plunderaars wat Drankwinkel Geplunder het in ANC Geweld!

Na wat verneem word, was die ANC raadslid van wyk 71 van Daveyton, Solly Silawule, onder diegene wat ‘n plaaslike drankwinkel by die Daveyton Mall in die omgewing geplunder het. Die Ekurhuleni-wyksraadslid van die African National Congress (ANC), is vermoedelik onder diegene wat in hegtenis geneem is weens die onlangse plundering.

Modeontwerper van SA gaan in Los Angeles in Kalifornië uitstal

’n Jong modeontwerper van Oos Rand is genooi om sy uitrustings eersdaags by ’n modeweek in Los Angeles in Kalifornië uit te stal.

Die stylghoeroe William de Beer (28), van Willet Designs Couture, is deur die voorsitter van die Art Hearts Fashion Week in Los Angeles genooi om dié modeweek in Maart by te woon.

“Dit is sy grootste droom om die internasionale loopplanke met sy unieke skeppings te verras,” sê Leonie Cronjé, De Beer se woordvoerder.

De Beer het onlangs twee modevertonings gehou om die sowat R250 000 in te samel sodat hy sy droom kan verwesenlik om die wêreld met sy unieke skeppings te verras.

Die eerste modevertoning is in Januarie by Industrial Coffee in Centurion gehou en die tweede een is die afgelope naweek by Tilt Resto Bar in Boksburg gehou.

Cronjé sê albei geldinsamelings was baie suksesvol.

“Die meeste uitrustings wat by die modevertonings gedra is, sal ook by die modeweek in Los An­geles ten toon gestel word,” s