Wil Diktator Lesufi Blanke Kinders na Lokasie Skole Stuur? Geforseerde Rasse Integrasie Ontneem Ouers van Grondwetlike Reg tot Vryheid van Assosiasie in Gauteng!

Lesufi, wat wel bekend is vir sy diktatoriale anti Afrikaanse uitlatings, het sy plan vir etniese volksmoord deur geforseerde rasse integrasie in skole uitgelê, wat mense se grondwetlike reg tot vrye assosiasie ontneem. Dit is duidelik dat tuiskool of CVO skole die enige pad vorentoe is vir blankes. Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy bose plan uitgelê Sondag tydens ‘n persverklaring, toe hy ook aangekondig het dat die graad 1 -klas van 2022 in Gauteng oudergewoonte immuniseringskaarte (nie Covid19 inenting nie) moet voorsien om by skole toegelaat te word. 

Lesufi Maak sy Volksmoord Plan Bekend om die Doodsklok vir Afrikaanse Skole te Lui!

ANC se Sosialistiese Volksmoord plan en Sentralisering van mag stoom voort. Die ANC se Gauteng departement van Onderwys beplan om volgende week ‘n konsep dokument te publiseer, wat dit ten doel stel om Afrikaanse skole finaal die nek om te draai en totaal te vernietig. Dit is ‘n hoogs ideologiese dokument en tipies ANC, is dit niks anders nie as ‘n baie ambisieuse sosialistiese sosiale manipulasie om geforseerde rasse teikens te stel, vir elke enkele tradisionele Afrikaanse skool in die provinsie.