
Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net).
Wêreld Nuus
Dit neem slegs ‘n paar klieks om blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika te stuur, of na die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds, is nooit ‘n probleem nie.
Die afgelope naweek het die Lone Wolves Vaal Motorfietsklub tesame met Boere Gemeenskap Transvaal en ICC Church Kenmare ‘n projek aangepak om ‘n totaal van 140 kospakkies te oorhandig aan arm blanke gesinne wat by die Laerskool Generaal de la Rey in Florida byeengekom het. Elke kospakkie bevat genoeg blikkieskos, meel en ander items om ‘n gesin van vyf te voed.
Hanlie Geldenhuis, ‘n weerlose bejaarde vrou, met die ryp ouderdom van 94 jaar, se lewe het tragies tot ‘n einde gekom aan die hand van ‘n onbekende aantal barbare. Hulle het haar die nag van 27 Augustus 2021 summier deur die venster geskiet. op haar plaas in Kalbasfontein, in Westonaria, Oos van Fochville, in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.
Suid Afrika het nou die ergste werkloosheid ter wêreld volgens ‘n Bloomberg monitor, en val nou onder ander rampspoedige lande soos Colombia, Cuba, Syria en Venezuela. Vir al Ramaphosa se mooi praatjies en beloftes, verstaan hy nie dat een hoofdoel van ‘n goeie regering, is om ‘n ekonomie daar te stel, wat die inwoners van die land die geleentheid gee om ‘n eerlike bestaan te kan maak. Die ANC regering doen dit allermins. Hulle stel ‘n voorbeeld van korrupsie en onvolwassenheid. Korrupsie bou geen ekonomie. Plundery is net dit. Dit bou niks. En dan die belaglike redes wat aangevoer word: gratis behuising, gratis onderrig, gratis als, wat die bogenoemde net vererger. En as ANC aanhangers dit nie gratis kry nie, gooi hulle ‘n vloermoer soos ‘n kleuter, en brand alles af wat hulle sien.
Die polisie is skaars weg toe is daar gewapende swart aanvallers in hul kombuis! Of die terroriste is nie bang vir polisie nie, of die polisie is aandadig? Gerald van Jaarsveld (32) op 29 Julie 2021, ses keer deur swart aanvallers geskiet tydens die huisinval in Brakpan, waarna hy vir 2 weke moedig om sy lewe geveg het, in die Chris Hani Baragwanath hospitaal, maar het sy stryd om oorlewing verloor en is op Saterdagoggend 14 Augustus in die hospitaal oorlede, na hy infeksie in die hospitaal gekry het. Maar dit is niks nuuts nie, ons beleef ‘n stille volksmoord verbloem as gewone misdaad en slegte dienslewering.
#EndCadreDeployment Die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), het aan die waarnemende speaker van die nasionale vergadering, Lechesa Tsenoli, geskryf en gevra vir ‘n parlementêre debat oor die sosialistiese kaderontplooiing wat deur die African National Congress (ANC) toegepas word, omdat hulle glo dit het gelei tot die ineenstorting van die staat. Hulle het hierdie versoek as ‘n saak van nasionale belang beklemtoon.
Lesufi, wat wel bekend is vir sy diktatoriale anti Afrikaanse uitlatings, het sy plan vir etniese volksmoord deur geforseerde rasse integrasie in skole uitgelê, wat mense se grondwetlike reg tot vrye assosiasie ontneem. Dit is duidelik dat tuiskool of CVO skole die enige pad vorentoe is vir blankes. Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy bose plan uitgelê Sondag tydens ‘n persverklaring, toe hy ook aangekondig het dat die graad 1 -klas van 2022 in Gauteng oudergewoonte immuniseringskaarte (nie Covid19 inenting nie) moet voorsien om by skole toegelaat te word.
Na wat verneem word, was die ANC raadslid van wyk 71 van Daveyton, Solly Silawule, onder diegene wat ‘n plaaslike drankwinkel by die Daveyton Mall in die omgewing geplunder het. Die Ekurhuleni-wyksraadslid van die African National Congress (ANC), is vermoedelik onder diegene wat in hegtenis geneem is weens die onlangse plundering.
Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!