“As dit te Goed is om Waar te Wees…” FBI Vang 800 Kriminele Deur Foon Klets APP te Skep en Kriminele te kry om dit te Gebruik!

Een dwelmhandelaar stuur ‘n SMS aan ‘n ander dat hy ‘n ‘werk’ het, en ‘n bewese manier om dit te doen: twee kilogram kokaïen uit Bogota met die beskermde diplomatieke sak van die Franse ambassade.

Twee Miljoen Dosisse Johnson&Johnson Entstowwe wat in Port Elizabeth Vervaardig is op Pad Asblik toe!

Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.

Regerings Formasie in Nederland hak Oudergewoonte Vas Omdat Konserwatiewe Stemme Weereens Geboikot Word deur Reënboog Koalisie!

Die vormingsgesprekke vir die vierde Rutte reënboog kabinet na verkiesings in Nederland, is weer vasgevang, en die formateur Mariëtte Hamer het die deelnemende partye gevra om niks hieroor bekend te maak nie. Die gesprekke is moeilik, hoofsaaklik vanweë die beoogde konstruksie van die VVD-CDA-D66-blok, tesame met GroenLinks en PvdA. Met die deelname van die debutant GroenLinks aan die regering is hierdie ver-linkse koalisie moeilik vir CDA-leier Hoekstra en VVD-koning Rutte.

Ver linkse Platform Bellingcat Ontbloot Amerikaanse Weermag se Geheime Kernwapendepot in Nederland, Blameer Sosiale Media

Volgens ‘n artikel van die ver linkse Atlantiese meningswebwerf Bellingcat, is die ligging van een van die Amerikaanse weermag se ses geheime kernwapendepots in Europa, blootgelê, na jare se werk om foto’s wat op sosiale media in 2013 gedeel was, te ontleed. Die kernwapens word in lande soos België, Duitsland, Italië en Turkye gehuisves as ‘n teenwig teen Russiese agressie. Hierdie een wat ontbloot is, is in Nederland, naamlik in die Brabantse Uden. Deur die foto’s te ontleed, kon Bellingcat nie net die ligging van die depot (Volkel-lugbasis) vasstel nie, maar ook ‘n aantal geheime benamings, kodes en ander inligting ontleed. Mens kan net droom dat konserwatiewe platforms sulke tyd het om navorsing te doen… 

Veiligheidsprotokolle is lank, gedetailleerd en moet onthou word en om hierdie proses te vereenvoudig, dus het sommige dienspersoneel publiek sigbare flitskaart-leerprogramme gebruik – wat per ongeluk ‘n aantal sensitiewe beveiligi

5.1 Miljard Euro Vermis by Eerste Adjunk Premier van Nederland, Hugo de Jonge se Ministerie van Sport in Nederland se Koronavirus Besteding!

Dit is ‘n warboel by die Nederlandse Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport (VWS), nadat die rekenings vir die vorige jaar deur die Oudithof geoudit is. Daar is nie minder as 5,1 miljard euro korona-uitgawes waarvan die eerste adjunk-premier van Nederland, minister Hugo de Jonge nie verantwoording kan doen nie, oor waar sy ministerie die geld bestee het. Daar is verder ook geen oorsig of al die bestelde items wel afgelewer is nie.

Die ministerie moes verlede jaar vinnig mediese voorrade aanskaf en het blykbaar gedink dat hulle dit sou kon doen sonder om sulke rekords te hou, maar die Oudithof het die volgende onder andere uitgereik:

Die Ouditeershof het nietemin ernstige tekortkominge gevind in haar verantwoordingsoudit van die 2020-regeringsrekening. Inderdaad, finansiële bestuur by die Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport was so onvoldoende dat die Ouditers beswaar gemaak het:

Meningsvormers, Nederland, Nuus, Nuuskommentaar, , , , , , , , , , , , Leave a comment

Nederland se Forum voor Demokrasie Hard Getref met Afspitsing van 3 Tweede Kamer Lede.

Daar is vandeesweek weer ‘n skeuring binne Nederland se konserwatiewe populistiese party, Forum vir Demokrasie (FVD) na nie minder nie as drie van die agt Tweede Kamer LP’s besluit het om weg te breek. Hulle is die FVD-faksielede Wybren van Haga, Olaf Ephraim en Hans Smolders.

Volgens die persverklaring van Wybren van Haga “Het daar ‘n meningsverskil ontstaan ​​oor die manier waarop politiek gevoer word” wat aangevoer word as ‘n rede om nie langer by die FVD party te bly nie, ‘n stap wat die FVD sê hulle betreur.

Luister hier:


Boere Verdedigings Mag in Nederland Wen Hofsaak Teen Staat en Openbare Uitsaaier (AVROTROS) se Fopnuus!

Owerhede Saai Fopnuus Uit! Die boere-aksiegroep, Farmers Defense Force (FDF), het ‘n regsgeding teen die Staat van Nederland en AVROTROS, die openbare uitsaaier, gewen. Die rede vir die hofsaak was die uitsending van die TV-program “Opsporing Verzocht“, waarin die groep FDF geassosieer word met brandstigting, sonder enige rede daarvoor. FDF is verkeerdelik geassosieer met brandstigting, onder meer naby die RIVM in Bilthoven.

Die Openbare Vervolgingsdiens werk saam met die TV-program makers en kommunikeer hul ondersoekverslae. Volgens die uitspraak moet die Staat en AVROTROS saam die regskoste, salarisskoste, rentekoste en ‘n bedrag van €3,425 aan die FDF betaal.

Dit gebeur min dat ‘n oorwinning soos hierdie voorkom in ‘n mediaklimaat waarin die massa media pers aktief teen Nederlandse boere en spesifiek die FDF werk. Die boere kry die skuld vir alles, maar dit blyk nou dat dit nie altyd ongestraf mag bly nie. Die volgende kan in di

Indië Ontvang Ook Foutiewe Mediese Beskermingstoerusting (PPE) van China, Wat van SA? China Stel Lewens in Gevaar Omdat dit Foutiewe Mediese Toerusting “Skenk” om sy #CCPVirus Skuld te Bedek!

Terwyl die ANC regime China prys vir die ontvangs van ‘n vrag persoonlike beskermingstoerusting (PPE) uit China, sluit Indië by die lang lys lande aan wat kla dat hulle deur China se altruïstiese propagandaveldtog gekul is. Indië het 50,000 foutiewe PPE van China ontvang. Soos Suid-Afrika en baie ander desperate lande, was die uitrusting ook deel van ‘n propagandaveldtog om China se beeld as ‘n wêreldmag te verbeter, kommunisme te bevorder, en ook om hul CCPvirus skuld te bedek na China COVID19 aan die wêreld gegee het, wat nou byna 150,000 mense doodgemaak het. Dit is egter baie onwaarskynlik dat die pro-Chinese ANC ooit sal erken dat SA foutiewe toerusting van sy kommunistiese eweknie, China, ontvang het.

Volgens die Indiese Ministerie van Gesondheid (ICMR) het China se swak kwaliteitskontrole nou ‘n wêreldwye hoofpyn geword, juis in die tyd dat die wêreld die hulp broodnodig het. Dit is amper soos om iemand in die water te stoot, en dan voor te gee dat jy

Desperate Europese Lande Stuur Gebrekkige Mediese Toerusting Terug na Sjina, maar NASPERS, Kommunistiese Sjina se Ja Broer, “Skenk” ‘n Belastingtoegewing van R 1 Biljoen vir sy Tencent-onderneming in Sjina, om Sjinese Vervaardigde Mediese Toerusting te Koop vir SA se COVID19-stryd!

Die geleenthede vir wins en propaganda wat deur die CoronaVirus pandemie geskep word, blyk eindeloos te wees vir die Chinese Kommunistiese Regime en sy simpatiseerders soos NASPERS, ANC, Jack Ma, ens. wat nie ‘n goeie krisis gaan laat mors nie! Nadat China sy eie grense gesluit het om te keer dat iemand (met die virus) binnekom, kan hulle nou peetpa speel vir ‘n wêreld wat sukkel met die verwoesting wat hul Chinese virus saai! China voer enigiets uit, van die virus self, na massas lae gehalte mediese goedere en toerusting, saam met baie propaganda. Soos ‘n virtuele Commie-liefdesfees, het Ramaphosa tydens sy toespraak aan die land aangekondig dat NASPERS, R1,5 Biljoen “geskenk het” om Kommunistiese China te help, jammer, ek bedoel vir die Corona Relief Fonds in SA, maar die Naspers groep sal slegs R500 miljoen bydra tot die Corona Relief Fonds, wat die President verlede week aangekondig het.

Naspers en sy Tencent Besigheid in China, in vennootskap met die Chinese K