Ver linkse Platform Bellingcat Ontbloot Amerikaanse Weermag se Geheime Kernwapendepot in Nederland, Blameer Sosiale Media

Volgens ‘n artikel van die ver linkse Atlantiese meningswebwerf Bellingcat, is die ligging van een van die Amerikaanse weermag se ses geheime kernwapendepots in Europa, blootgelê, na jare se werk om foto’s wat op sosiale media in 2013 gedeel was, te ontleed. Die kernwapens word in lande soos België, Duitsland, Italië en Turkye gehuisves as ‘n teenwig teen Russiese agressie. Hierdie een wat ontbloot is, is in Nederland, naamlik in die Brabantse Uden. Deur die foto’s te ontleed, kon Bellingcat nie net die ligging van die depot (Volkel-lugbasis) vasstel nie, maar ook ‘n aantal geheime benamings, kodes en ander inligting ontleed. Mens kan net droom dat konserwatiewe platforms sulke tyd het om navorsing te doen… 

Veiligheidsprotokolle is lank, gedetailleerd en moet onthou word en om hierdie proses te vereenvoudig, dus het sommige dienspersoneel publiek sigbare flitskaart-leerprogramme gebruik – wat per ongeluk ‘n aantal sensitiewe beveiligi