Griekse Polisie Arresteer Mense Smokkelaars, En Ontdek Hulle is Lede van Ver Linkse Humanitêre NRO!

Die Griekse polisie op die eiland Lesvos het ‘n netwerk van mensesmokkelaars ontdek wat onwettige migrante vanuit Turkye onwettig na Griekeland ingesmokkel het. Die groep bestaan ​​uit nie minder nie as ‘n dosyn nie-Grieke, waaronder sommige lede van een van die sogenaamde humanitêre nie-regeringsorganisasies is, wat die Middellandse See onveilig maak met hul kamma “Rescue Missions”.

Ver linkse Platform Bellingcat Ontbloot Amerikaanse Weermag se Geheime Kernwapendepot in Nederland, Blameer Sosiale Media

Volgens ‘n artikel van die ver linkse Atlantiese meningswebwerf Bellingcat, is die ligging van een van die Amerikaanse weermag se ses geheime kernwapendepots in Europa, blootgelê, na jare se werk om foto’s wat op sosiale media in 2013 gedeel was, te ontleed. Die kernwapens word in lande soos België, Duitsland, Italië en Turkye gehuisves as ‘n teenwig teen Russiese agressie. Hierdie een wat ontbloot is, is in Nederland, naamlik in die Brabantse Uden. Deur die foto’s te ontleed, kon Bellingcat nie net die ligging van die depot (Volkel-lugbasis) vasstel nie, maar ook ‘n aantal geheime benamings, kodes en ander inligting ontleed. Mens kan net droom dat konserwatiewe platforms sulke tyd het om navorsing te doen… 

Veiligheidsprotokolle is lank, gedetailleerd en moet onthou word en om hierdie proses te vereenvoudig, dus het sommige dienspersoneel publiek sigbare flitskaart-leerprogramme gebruik – wat per ongeluk ‘n aantal sensitiewe beveiligi

Indië Ontvang Ook Foutiewe Mediese Beskermingstoerusting (PPE) van China, Wat van SA? China Stel Lewens in Gevaar Omdat dit Foutiewe Mediese Toerusting “Skenk” om sy #CCPVirus Skuld te Bedek!

Terwyl die ANC regime China prys vir die ontvangs van ‘n vrag persoonlike beskermingstoerusting (PPE) uit China, sluit Indië by die lang lys lande aan wat kla dat hulle deur China se altruïstiese propagandaveldtog gekul is. Indië het 50,000 foutiewe PPE van China ontvang. Soos Suid-Afrika en baie ander desperate lande, was die uitrusting ook deel van ‘n propagandaveldtog om China se beeld as ‘n wêreldmag te verbeter, kommunisme te bevorder, en ook om hul CCPvirus skuld te bedek na China COVID19 aan die wêreld gegee het, wat nou byna 150,000 mense doodgemaak het. Dit is egter baie onwaarskynlik dat die pro-Chinese ANC ooit sal erken dat SA foutiewe toerusting van sy kommunistiese eweknie, China, ontvang het.

Volgens die Indiese Ministerie van Gesondheid (ICMR) het China se swak kwaliteitskontrole nou ‘n wêreldwye hoofpyn geword, juis in die tyd dat die wêreld die hulp broodnodig het. Dit is amper soos om iemand in die water te stoot, en dan voor te gee dat jy

Desperate Europese Lande Stuur Gebrekkige Mediese Toerusting Terug na Sjina, maar NASPERS, Kommunistiese Sjina se Ja Broer, “Skenk” ‘n Belastingtoegewing van R 1 Biljoen vir sy Tencent-onderneming in Sjina, om Sjinese Vervaardigde Mediese Toerusting te Koop vir SA se COVID19-stryd!

Die geleenthede vir wins en propaganda wat deur die CoronaVirus pandemie geskep word, blyk eindeloos te wees vir die Chinese Kommunistiese Regime en sy simpatiseerders soos NASPERS, ANC, Jack Ma, ens. wat nie ‘n goeie krisis gaan laat mors nie! Nadat China sy eie grense gesluit het om te keer dat iemand (met die virus) binnekom, kan hulle nou peetpa speel vir ‘n wêreld wat sukkel met die verwoesting wat hul Chinese virus saai! China voer enigiets uit, van die virus self, na massas lae gehalte mediese goedere en toerusting, saam met baie propaganda. Soos ‘n virtuele Commie-liefdesfees, het Ramaphosa tydens sy toespraak aan die land aangekondig dat NASPERS, R1,5 Biljoen “geskenk het” om Kommunistiese China te help, jammer, ek bedoel vir die Corona Relief Fonds in SA, maar die Naspers groep sal slegs R500 miljoen bydra tot die Corona Relief Fonds, wat die President verlede week aangekondig het.

Naspers en sy Tencent Besigheid in China, in vennootskap met die Chinese K