Indië Ontvang Ook Foutiewe Mediese Beskermingstoerusting (PPE) van China, Wat van SA? China Stel Lewens in Gevaar Omdat dit Foutiewe Mediese Toerusting “Skenk” om sy #CCPVirus Skuld te Bedek!

Terwyl die ANC regime China prys vir die ontvangs van ‘n vrag persoonlike beskermingstoerusting (PPE) uit China, sluit Indië by die lang lys lande aan wat kla dat hulle deur China se altruïstiese propagandaveldtog gekul is. Indië het 50,000 foutiewe PPE van China ontvang. Soos Suid-Afrika en baie ander desperate lande, was die uitrusting ook deel van ‘n propagandaveldtog om China se beeld as ‘n wêreldmag te verbeter, kommunisme te bevorder, en ook om hul CCPvirus skuld te bedek na China COVID19 aan die wêreld gegee het, wat nou byna 150,000 mense doodgemaak het. Dit is egter baie onwaarskynlik dat die pro-Chinese ANC ooit sal erken dat SA foutiewe toerusting van sy kommunistiese eweknie, China, ontvang het.

Volgens die Indiese Ministerie van Gesondheid (ICMR) het China se swak kwaliteitskontrole nou ‘n wêreldwye hoofpyn geword, juis in die tyd dat die wêreld die hulp broodnodig het. Dit is amper soos om iemand in die water te stoot, en dan voor te gee dat jy