
‘n Bejaarde egpaar wat in hul huis in Umtentweni buite Port Shepstone in Kwazulu-Natal vermoor is, is geïdentifiseer as Murray (67) en Julie Ross (60).
Wêreld Nuus
Koue weer in winter is selfs vir diere vanselfsprekend, maar vir Eskom is dit ‘n verassing? Vir dekades in Apartheid, voor die ANC regime die destydse eerste wêreld land gegee is, het Eskom sonder onderbreking die aanvraag voorsien danksy goeie lang termyn beplanning en onderhoud maatreëls, maar nou het Eskom gewaarsku oor elektrisiteitsfoute in KwaZulu-Natal weens koue weer! Die vraag is, word krag nog stilletjies na die buitelandse #SAPP netwerk gestuur, wanneer ons gevra word om krag, waarvoor ons duur betaal het met belasting, te bespaar? Word ons ook daar geforseer om Afrika te onderhou en op die been te hou? Selfs Malawi se kragvoorsiener word “Escom” genoem!
Na wat verneem word, was die ANC raadslid van wyk 71 van Daveyton, Solly Silawule, onder diegene wat ‘n plaaslike drankwinkel by die Daveyton Mall in die omgewing geplunder het. Die Ekurhuleni-wyksraadslid van die African National Congress (ANC), is vermoedelik onder diegene wat in hegtenis geneem is weens die onlangse plundering.
Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien.
Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal.
Terwyl die afgelope week van geweld en plundering groothandelaars soos Makro en Pick n Pay aansienlike skade gely het, sal hulle herstel, maar kenners waarsku dat dit uiteindelik kleiner en mediumgrootte ondernemings sal wees wat waarskynlik nie weer hul deure in Suid-Afrika sal open nie. Die verhaal van Rodney van Rooyen van Pinetown, is ‘n blik op wat die doelstellings van die barbaarse strooptogte in KZN werklik was, en Rodney se verhaal is maar ‘n mikrokosmos van hierdie strooptogte deur swart massas wat biljoene en biljoene rande se skade veroorsaak het toe hulle Blanke en Indiër besighede geteiken het.
Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet.