Gevallestudie van Blanke Kleinsake. Ondernemings wat vir Goed sal Sluit na die Plundering en ANC Geweld in Suid-Afrika

Terwyl die afgelope week van geweld en plundering groothandelaars soos Makro en Pick n Pay aansienlike skade gely het, sal hulle herstel, maar kenners waarsku dat dit uiteindelik kleiner en mediumgrootte ondernemings sal wees wat waarskynlik nie weer hul deure in Suid-Afrika sal open nie. Die verhaal van Rodney van Rooyen van Pinetown, is ‘n blik op wat die doelstellings van die barbaarse strooptogte in KZN werklik was, en Rodney se verhaal is maar ‘n mikrokosmos van hierdie strooptogte deur swart massas wat biljoene en biljoene rande se skade veroorsaak het toe hulle Blanke en Indiër besighede geteiken het. 

Afrikaans is tops! – Fransman van Kovsies gooi Afrikaans alte gesellig

’n Student van Frankryk aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het in net 13 weke só goed Afrikaans leer praat dat mense nie wil glo dat hy ’n Fransman is nie.

Sébastien Grall van Dijon in Frankryk, wat politieke wetenskap aan Kovsies studeer, het die beginnerskursus van Gesellig Afrikaans aan die UV voltooi en wil nou volgende jaar Gesellig Afrikaans 2 doen.

“Toe ’n Franse student, wat vroeër aan die UV studeer het en wat vir Sébastien ken, hoor hy is ook op pad na Kovsies, het hy vir Sébastien gesê ‘sorg dat jy by daardie kursus uitkom’. Dié twee gesels nou aanlyn met mekaar in Afrikaans,” het Ida Meiring, fasiliteerder van Gesellig Afrikaans 1 gesê.”

Volgens Meiring het Grall hard gewerk om die taal baas te raak sedert hy in die derde semester in Julie hier aangeland het. “Dis nie die maklikste taal om aan te leer nie. Die feit dat hy in ’n Afrikaanse leefwêreld is en dat baie van sy koshuismaats in Vishuis Afrikaanssprekend