Voer Eskom Krag uit na #SAPP Wanneer dit Koue Weer as Verskoning Gebruik om Slegte Onderhoud en Korrupsie te Verberg?

Voer Eskom Krag uit na #SAPP Wanneer dit Koue Weer as Verskoning Gebruik om Slegte Onderhoud en Korrupsie te Verberg?

Koue weer in winter is selfs vir diere vanselfsprekend, maar vir Eskom is dit ‘n verassing? Vir dekades in Apartheid, voor die ANC regime die destydse eerste wêreld land gegee is, het Eskom sonder onderbreking die aanvraag voorsien danksy goeie lang termyn beplanning en onderhoud maatreëls, maar nou het Eskom gewaarsku oor elektrisiteitsfoute in KwaZulu-Natal weens koue weer! Die vraag is, word krag nog stilletjies na die buitelandse #SAPP netwerk gestuur, wanneer ons gevra word om krag, waarvoor ons duur betaal het met belasting, te bespaar? Word ons ook daar geforseer om Afrika te onderhou en op die been te hou? Selfs Malawi se kragvoorsiener word “Escom” genoem!

Koeberg-kragstasie Hoofbestuurder Geskors na Eenheid 1 Buite Werking is Sedert Januarie, wat Beurtkrag Vererger!

Eskom het bevestig dat die hoofbestuurder van Koeberg se kernkragstasie, Velaphi Ntuli, geskors is weens kwessies rakende prestasie, terwyl ondersoek ingestel word na die uitvoering van die Koeberg-kragstasie, Eenheid 1 by Koeberg wat sedert Januarie 2021 onderbreek.