
Korrektiewe dienste het verklaar dat Zuma nogsteeds in die hospitaal is, so dit moet nog gesien word of Jacob Zuma sy korrupsieverhoor oor die wapentransaksies sal bywoon, wat vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor sal word.
Wêreld Nuus
Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.
Na wat verneem word, was die ANC raadslid van wyk 71 van Daveyton, Solly Silawule, onder diegene wat ‘n plaaslike drankwinkel by die Daveyton Mall in die omgewing geplunder het. Die Ekurhuleni-wyksraadslid van die African National Congress (ANC), is vermoedelik onder diegene wat in hegtenis geneem is weens die onlangse plundering.
Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!
Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande.
Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien.
Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal.
Tipies vir kommuniste, wil die Malema-ondersteuners hê selfs Twitter se reels moet verskillend toegepas word vir hulle, tenoor hul “vyande”, met uitsonderings vir hulle. Dit terwyl elkeen toestem tot die platform se besluite sodra hulle aanteken daarvoor. National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se hoofsekretaris, Irvin Jim, het die tydelike skorsing van die EFF-leier Julius Malema vandeesweek op Twitter toegesnou, al is baie van die mening dat dit al lank terug moes gebeur het.
Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet.