Zuma Doen ‘n Schabir Shaik en kry Onmiddellik Mediese Parool! Beskerm ANC Leierskap Steeds vir Zuma?

Zuma Doen 'n Schabir Shaik en kry Onmiddellik Mediese Parool! Beskerm ANC Leierskap Steeds vir Zuma?

Die Departement van Korrektiewe Dienste het Jacob Zuma vrygelaat nadat hulle die mediese verslag ontvang het, maar het geen verdere besonderhede oor die verslag gegee nie. Die Gevangenisdiens het oudpresident Jacob Zuma op mediese parool geplaas, minder as twee maande in sy vonnis van 15 maande weens minagting van die hof.

Selfs in die Tronk is Zuma glo te Siek vir sy Verhoor. Hy is glo Sedert 2014 Siek Weens Vergiftiging Volgens Rusland!

Selfs in die Tronk is Zuma te Siek vir sy Verhoor. Hy is glo Sedert 2014 Siek Weens Vergiftiging Volgens Rusland!

Korrektiewe dienste het verklaar dat Zuma nogsteeds in die hospitaal is, so dit moet nog gesien word of Jacob Zuma sy korrupsieverhoor oor die wapentransaksies sal bywoon, wat vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor sal word.