
Korrektiewe dienste het verklaar dat Zuma nogsteeds in die hospitaal is, so dit moet nog gesien word of Jacob Zuma sy korrupsieverhoor oor die wapentransaksies sal bywoon, wat vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor sal word.
Wêreld Nuus
Die lang lys van ANC ministers wat geskors word, of van hul pligte verlos word, gewoonlik nog op volle salaris, het groot debat ontlok. Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, is een van die mees onlangse ministers wat geskors is nadat hy in Junie op “spesiale verlof” geplaas is, hangende ‘n ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid, en diensverskaffer Digital Vibes, met wie hy persoonlike vriende was, wat na bewering verdag is.
‘n Ondersoek na die diefstal van ‘n luukse horlosie uit ‘n huis in Houtbaai het die polisie in die Wes-Kaap na kosbare juwele gelei en glo horlosies in twee pandjieswinkels in die middestad van Kaapstad, wat gesteel is. Lede van die Maitland blitspatrollie het ‘n 45-jarige buitelander in hegtenis geneem, vir die besit van gesteelde goedere nadat hulle horlosies en edelstene – insluitend ongeslypte diamante – by twee tweedehandse goudhandelaars gevind het.
Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande.
Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal.
Is die SAPD besig om blanke korrupte beamptes te teiken in ‘n poging om te bewys hulle veg teen korrupsie, wyl swart oortreders grootliks lig daarvan uitkom? ‘n Voormalige lasbriefbeampte wat ‘n polisie-dossier en ‘n skootrekenaar van die staat gesteel het, en in die besit van geld gevind is, is tot vyftig jaar gevangenisstraf gevonnis. Natuurlik moet hy aangekla word, maar dit blyk asof sy groot oortreding, en die rede vir sulke swaar straf, is dat hy ‘n wit vel het?
Volledige beëdigde verklaring hieronder sodat U self kan besluit: Dit is welbekend dat groot bedrae geld bekom en bestee is om Cyril Ramaphosa te kry om NDZ in 2017 se ANC-leierskapsverkiesing, naelskraap te klop. Wat die jongste bewerings van kardinale belang maak, is dat die regter wat die BOSASA-korrupsiesaak gelei het, Raymond Zondo, die vermeende ontvanger van R5 miljoen kontant is. Die Valke het bevestig dat hulle vier sake ondersoek wat verband hou met die beëdigde verklaring deur die vermiste ANC-kader Phadima Fukula, oor korrupsie by Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog, wat regter Raymond Zondo, Gwede Mantashe, die Ooskaap-premier Lubabalo Oscar Mabuyane, en Blade Nzimande betrek.
Tipies vir kommuniste, wil die Malema-ondersteuners hê selfs Twitter se reels moet verskillend toegepas word vir hulle, tenoor hul “vyande”, met uitsonderings vir hulle. Dit terwyl elkeen toestem tot die platform se besluite sodra hulle aanteken daarvoor. National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se hoofsekretaris, Irvin Jim, het die tydelike skorsing van die EFF-leier Julius Malema vandeesweek op Twitter toegesnou, al is baie van die mening dat dit al lank terug moes gebeur het.
Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.