Jong Suid-Afrikaner Kry Lewenslank Tronkstraf in Thailand na sy vir Pakkie Teken wat Dwelms Bevat, Gerig aan Haar Werkgewer!

Jong Suid-Afrikaner Kry Lewenslank Tronkstraf in Thailand na sy vir Pakkie Teken wat Dwelms Bevat, Gerig aan Haar Werkgewer!

Familie, vriende en ‘n groeiende groep besorgde ondersteuners van Ashley Oosthuizen (22), ‘n jong Suid-Afrikaanse meisie, wat twee jaar gelede lewenslank in ‘n Thaise tronk toegesluit was, doen ‘n beroep op die ANC-regering in SA om dringend aandag aan haar saak te gee. Oosthuizen se familie vrees ook dat hulle haar nou min sal kan kontak, nadat sy onlangs na ‘n nuwe tronk verskuif is. Haar ouers het glo in Desember verlede jaar laas met haar gepraat.

Suid-Afrikaner wat weens beweerde terrorisme in Mosambiek aangehou is, is onder raaiselagtige omstandighede oorlede

André Hanekom, die Suid-Afrikaner wat meer as ses maande lank in aanhouding in Mosambiek was, is Woensdagoggend onder raaiselagtige omstandighede dood. Foto: Verskaf

“Hulle het my pa verwoes en toe doodgemaak,” het ’n emosionele Andrie, Hanekom se dogter, aan Netwerk24 gesê.

Volgens Andrie het haar ma, Francis, Woensdagoggend omstreeks 04:00 ’n oproep ontvang wat haar ingelig het van haar man se dood.

“Ons is deur ses maande van hel om sy onskuld te bewys en nou is hy dood, ek sal hom nooit weer ’n drukkie kan gee nie,” het ’n huilende Andrie gesê.

Sy sê haar pa is Saterdag na die waakeenheid van ’n hospitaal in Mosambiek oorgeplaas nadat hy in sy maag begin bloei het. Hy het ook konvulsies gekry en het later sy bewussyn verloor.

Andrie sê die volgende wat hulle gehoor het, is dat hy dood is.

“Niemand het ooit ondersoek ingestel nie, ons het gepleit vir hulp en in Suid-Afrika het die owerhede nie ’n vinger gelig om hom te he

Jong mense maak seker jy het die regte visums voor jy jouself beskikbaar stel as Engelse onderwyser – Jong vrou van Oos-Londen in tronk opgesluit in China

’n 19-jarige vrou van Oos-Londen het nog nie eers haar eerste salaris as Engels-onderwyser in China ontvang nie, toe word sy in ’n tronk opgesluit.

Tristan-Lee Niemand (19) is op 16 November deur die owerhede van die Chinese regering in Nanjing, sowat 300 km wes van Sjanghai, in hegtenis geneem. Sedertdien word sy glo in haglike omstandighede aangehou en het nog geensins kontak gehad met haar ouers in Oos-Londen in die Oos-Kaap nie.

Stacey-Lee Niemand, Tristan-Lee se ma, sê sy het deur haar dogter se Amerikaanse vriend in China verneem haar dogter is in die tronk.

“Ek het laas op 16 November met my dogter gepraat. Ek weet nie wat hulle met haar doen of hoekom nie. En die regering was tot dusver van geen hulp gewees nie,” het Niemand gesê.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het bevestig Tristan-Lee word in ’n tronk in Nanjing aangehou.

Sy is glo in verband met beweerde visum-oortred