Kaffir-limoenblare is Rassisties? “Woke” Winkel in Brittanje Verwyder Produk al het nie ‘n Enkele Siel Daaroor Gekla nie!

Gewoonlik is dit ‘n kompliment as iets na jou genoem word, maar Waitrose, ‘n supermark-tempel vir elites in die Verenigde Koninkryk wat dit kan bekostig om met ver linkse idees rond te loop, het besluit om “Kaffir-limoenblare” te herdoop net in geval hulle dalk Suid-Afrikaners aanstoot gee, alhoewel niemand tot dusver die moeite gedoen het om te kla nie.