Naspers het lank gelede die besluit geneem om die liberale “reënboogland” te help instel en globalisme te bevorder, maar nou skielik verdedig hulle die nasionalisme van Ukraine? Dit nieteenstaande die feit dat liberale Naspers die skoothond van die Chinese Kommunistiese Party is, omdat die oorgroot meerderheid van Naspers se waarde in China is – aan die kant van Westerse liberalisme en globalisme val, wat nog ‘n nasiestaat probeer vernietig, in ‘n lang lys van verowerde nasiestate oor die laaste halwe eeu…
Hoe het Rusland en Oekraïne in die antieke wêreld gelyk? Dit is baie insiggewend as ons in die geskiedenis gaan delf om vandag se wêreld te verstaan, omdat baie hedendaagse gebeurtenisse maak soms op sigself geen sin nie.
Korrektiewe dienste het verklaar dat Zuma nogsteeds in die hospitaal is, so dit moet nog gesien word of Jacob Zuma sy korrupsieverhoor oor die wapentransaksies sal bywoon, wat vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor sal word.
Dit word dag by dag duideliker dat die ver linkse regime in VSA, onder leiding van die Demokrate, Deep State, Sosiale Media, Big Tech, ens., nader en nader na ‘n totalitêre regime beweeg, waar selfs woorde ‘n mens in die tronk kan laat beland. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die huidige rigting van internasionale betrekkinge-strategie wat die regering van die Verenigde State aanneem, vergelyk met die een wat gelei het tot die ontbinding van die USSR, toe hy die week by SPIEF’21 gepraat het. Daar is al lank bespiegel oor hoe harde kommuniste in 1989, nadat die Berlynse muur afgebring is, die weste ingevaar en regerings van Westerse lande ingesypel het. Angela Merkel, (nee Kasner) ‘n “vorige” kommunis vat van Oos Duitsland afkomstig is, is ‘n goeie voorbeeld. Hoeveel kommuniste het SA toe gekom? Ons wonder ook of die hele “val van kommunisme” net ‘n klug was, om die Weste te kry om hul verdediging t
Rusland het gesê dat hy meer as gereed is om menseregteskendings te bespreek as Biden wil, maar hulle moet begin praat oor die inhegtenisnemings van opposisiebetogers by die Amerikaanse Capitol deur Biden se party, sê die Russiese minister van Buitelandse Sake Lavrov. Dit kom nadat Biden beweer het dat hy van plan is om die kwessie van menseregte te opper wanneer hy Vladimir Putin volgende maand ontmoet.
FM, Sergey Lavrov, het Maandag tydens ‘n perskonferensie gesê Moskou is bly om die bespreking te voer, solank dit albei rigtings gaan. Hy het aangekondig dat “ons gereed is om te praat, ons het geen taboe-onderwerpe nie. Ons sal bespreek wat ons dink nodig is. Ons sal gereed wees om die vrae wat die Amerikaanse party sal opper, te beantwoord. Dit geld ook vir menseregte.”
In sy toespraak aan die land, nie lank na sy terugkeer uit Frankryk op nog ‘n reis na Europa met die bakhand, het Ramaphosa gesê dat 636,000 dosisse van die Pfizer-entstof Sondagaand in die land sal aankom. Weeklikse versendings sal vermoedelik tot einde Junie voortduur, en teen daardie tyd sal dit altesaam 2,5 miljoen dosisse lewer.
Ramaphosa het gesê dat hulle met ander entstofvervaardigers praat met die doel om ‘n verskeidenheid entstowwe by die program in te sluit. Dit sluit in vervaardigers soos die Sputnik uit Rusland en die Sinovac uit China. Albei is besig om die nodige goedkeurings van die gesondheidsprodukte-owerheid te soek.