
Suid-Afrika se nuwe waarnemende hoofregter is aangestel. Dit is Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie, waar hy die ondersoek na staatskaping lei.
Wêreld Nuus
Jacob Zuma het Sondag ‘n byeenkoms van ondersteuners toegespreek buite Nkandla en hulle bedank omdat hulle hom steun teen die gevangenisstraf van 15 maande. Jacob Zuma het nog nie in die openbaar verskyn nie sedert die konstitusionele hof hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, weens minagting van die hof, nadat hy geweier het om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.
Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val.
Oudpresident Jacob Zuma se stigting het die uitspraak van die Konstitusionele hof, wat 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting, gekritiseer en gesê dit is “emosioneel en nie in ooreenstemming met ons grondwet nie”. Siende dat diê hof ook rassisme teen blankes goedgekeur het, met betrekking tot Covid hulp, is dit al lank bekend dat die Grondwet ignoreer word deur die hof, en hierdie soort betwissing die nagevolge daarvan is.
Henk Burgers (62) het gesterf na ‘n wrede huisaanval in Vrede en sy huis is ook uitgebrand, nog die regering, nog die brandweer, nog die polisie nog, nog politici, nog die hoofstroommedia is gepla hieroor en hou steeds swart-op-wit geweld en stadige volksmoord doelbewus stil. Dit is dus duidelik vir ons om onsself te verdedig en op te staan.
Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg.
ANC se Sosialistiese Volksmoord plan en Sentralisering van mag stoom voort. Die ANC se Gauteng departement van Onderwys beplan om volgende week ‘n konsep dokument te publiseer, wat dit ten doel stel om Afrikaanse skole finaal die nek om te draai en totaal te vernietig. Dit is ‘n hoogs ideologiese dokument en tipies ANC, is dit niks anders nie as ‘n baie ambisieuse sosialistiese sosiale manipulasie om geforseerde rasse teikens te stel, vir elke enkele tradisionele Afrikaanse skool in die provinsie.