
Nederland het ‘n aansienlike tekort aan IKT-professionele en ingenieurs, wat lei tot ‘n toenemende vraag na buitelandse talent
Wêreld Nuus
Die vier dae lange vergadering van die wêreld oorheersende Wêreld Ekonomiese Forum lede, het onder groot bewaking, vanaf 22 Mei begin. Na twee jaar van afwesigheid, as gevolg van die korona-hipnose, word dit agter ‘n mag van 5,000 soldate en polisie gehou, en die gebied rondom en bokant Davos in Switserland word streng beskerm, selfs met ‘n “no fly zone”.
Hoe groot ‘n leuen sou jy vertel vir $156 miljard USD? ‘n Mens hoef net na die groot getalle wat betrokke is te kyk, om te besef dat Suid-Afrikaners gefop is, ter waarde van $156 BILJOEN USD! Suid-Afrikaners is letterlik met valse skuldgevoelens gekul om hul land aan globalistiese bankiers weg te gee, vir skynheiligheid. Suid-Afrikaners is ook mislei om hul agterkleinkinders se toekoms uit te verkoop. Tydens Apartheid was Suid-Afrika skuldvry, maar nadat Mandela vrygelaat is, het SA in 1992 reguit na die 4de plek van nasies met skuld in Afrika gespring! Nou in 2021 het Suid-Afrika die meeste buitelandse skuld in Afrika, nadat die ANC DUBBEL die buitelandse skuld van die 2de geplaasde land in Afrika, bestee het! Dink U nog die einde van Apartheid het enigiets met rassisme te doene gehad?
Volgens dokumente wat die BBC program ‘Panorama’ gesien het, was British American Tobacco (BAT) se private spioene gevang in Zimbabwe in 2012, na hulle betrap is toe hulle op Savanna Tobacco se fabriek spioeneer het. Na gesprekke met hooggeplaaste Zanu PF lede, oor ‘n donasie van tot halwe Miljoen dollar, was die 3 spioene losgelaat. BAT is die vervaardiger van Lucky Strike sigarette en is een van die grootste ondernemings in die Verenigde Koninkryk, waar die multinasionale tabak monopolie sy hoofkwartier in London het.
“Gee dit terug aan Suid-Afrika” – Beyoncé en Tiffany & Co word daarvan beskuldig dat hulle ‘n “gesteelde bloeddiamant” gebruik het in hul advertensieveldtog. Hierdie storie ontbloot nie net die onkunde in die wêreld oor Suid Afrika se geskiedenis nie, maar meer en meer, word groot multinasionale maatskappye wat ryk geword het uit kolonialisme, maar wat aanhoudend Suid Afrikaanse blankes blameer, uitgevang wanneer hulle agter swartes probeer wegkruip om hul sondes te probeer verdoesel, en hul enorme profyte in onskuld te dek.
Al is die korrupsie van die kommissie na staatskorrupsie heelwat sigbaar vir diê wat aandag skenk, blyk dit dat Ramaphosa helfte van die mense gefop het, en die Zondo Kommissie omgekeer het na ‘n self promoverings platform, net soos hy gedoen het met die ANC Zuma geweld, wat hy gebruik het om sy mag in die ANC en in die regering te versterk. ‘n Meningspeiling het gemengde reaksies getoon op die werk wat die staatskommissie van ondersoek verrig het, sedert dit drie jaar gelede gestig is.
Cyril Ramaphosa se bondige getuienis by die Zondo -kommissie Woensdag laat meer vrae as antwoorde, wat adjunkhoofregter Raymond Zondo ‘n raaisel van die Brian Molefe soort los. Na dekades in die hoogste kringe van politiek in Suid Afrika, beweer Ramaphosa dat hy onbewus was van wat om hom aangaan? Ramaphosa, wat toe adjunk van President Jacob Zuma was, het erken dat hy Zuma aangeraai het om “Mnr Fixit” Brian Molefe te skyf van Transnet, en aan te stel as Eskom se uitvoerende hoof in 2015, maar die Guptas het al geweet dit kom in 2014?
In die nuut gepubliseerde konsepbelastingwetsontwerp van die Nasionale Tesourie, wat die belastingvoorstelle in die begroting van 2021 bevat, bestaan ‘n besonders kommerwekkende wysiging wat die noukeurig beplande aftrede van belastingbetalers kan beduiwel. Die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette (TLAB) stel ‘n bykomende “uitgangsbelasting” voor om aftreefondse van individue te belas, wanneer hulle emigreer en as Suid -Afrikaanse belastingbetalers uitree. Hierdie voorgestelde wysiging, wat op 1 Maart 2022 in werking tree, sal ‘n verdere slag wees vir emigrerende Suid-Afrikaners wat hul belastings residensie wil staak