Skynheilige Juwelier Tiffany & Co Gebruik “Bloeddiamant” van Kimberley in “Woke” Veldtog met Beyoncé – Word Onmiddellik van Diefstal Beskuldig

Skynheilige Juwelier Tiffany & Co Gebruik "Bloeddiamant" van Kimberley in "Woke" Veldtog met Beyoncé - Word Onmiddellik van Diefstal Beskuldig

“Gee dit terug aan Suid-Afrika” – Beyoncé en Tiffany & Co word daarvan beskuldig dat hulle ‘n “gesteelde bloeddiamant” gebruik het in hul advertensieveldtog. Hierdie storie ontbloot nie net die onkunde in die wêreld oor Suid Afrika se geskiedenis nie, maar meer en meer, word groot multinasionale maatskappye wat ryk geword het uit kolonialisme, maar wat aanhoudend Suid Afrikaanse blankes blameer, uitgevang wanneer hulle agter swartes probeer wegkruip om hul sondes te probeer verdoesel, en hul enorme profyte in onskuld te dek.