Wysiging van Artikel 25 nie Nodig Omdat SA Reeds op pad is om Grondhervormingsdoelwitte te Bereik – Trevor Manuel

Voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, is die nuutste prominente Suid-Afrikaner wat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet te bevraagteken, om voorsiening te maak vir onteiening van grond sonder vergoeding.

Waterskeiding Hofsaak sal Bewys dat Twitter, Kalifornië en Demokratiese Party Saamgesweer het om “Verkiesingsintegriteit” te Misbruik om Konserwatiewes te Sensuur!

‘n Ontsettende belangrike hofsaak, wat die feit dat Twitter inderdaad ‘n staatsakteur is, kan bewys, wat baie ernstige gevolge kan hê, is deur Harmy Dillon en Ron Coleman van Kalifornië gebring. Hulle het al die bewyse en kwitansies om te bewys dat die Staat van Kalifornië en die Demokratiese Party saamgesweer het met Twitter, om hul politiek opponente te sensuur, met die gebruik van “Verkiesingsintegriteit” as ‘n valse rede.

Ver Linkse, Anti-Trump, Pro-Inenting Oligarch Koop Nederland se Grootste Persburo vir Politieke Doeleindes

Ooit gedink wie besit die Media instelling wat jou inligting voer, wat jou idees vorm? Die maatskappy wat daagliks byna alle Nederlandse media nuus verskaf, is deur die miljoenêr Chris Oomen oorgeneem. Oomen het laat weet dat hierdie keuse “sosiaal gemotiveerd” is. Oomen het sy kommer uitgespreek oor sogenoemde “fopnuus“, wat volgens hom, van onder andere Donald Trump en Thierry Baudet kom. Chris Oomen het die Algemeen Nederlands Persbureau (ANP) gekoop van ‘n ander oligarch, naamlik John de Mol, wat die maatskappy by sy ander mediamaatskappye geplaas het, om daarvan ontslae te raak. 

Gedwing tot “Dubbele Belasting” – Supreme Poultry Betaal R100,000 uit eie sak om Hartbeespoort se Onversorgde Waterpype te Herstel!

‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.

Mosambiek se Italiaanse Gasprojek nog op Dreef Ondanks ISIS Aanvalle, maar vir Hoe Lank?

Die Italiaanse energiemaatskappy Eni het Maandag beweer dat ‘n buitelandse gasprojek in die noorde van Mosambiek, wat deur die ISIS geweld getref is, steeds op dreef is om, ondanks die onrus, in 2022 te begin werk, maar daar bestaan ​​twyfel oor die lewensvatbaarheid van eksplorasie-terreine vir vloeibare aardgas (LNG) buite Afungi-skiereiland in Mosambiek, sedert militante die kusdorp Palma in Maart aangeval het.

Talle Mediese Studente Alweer Sonder Internskap Gelaat! Wat van Privaatsektor vra Solidariteit?

Talle afgestudeerde mediese studente moet oor minder as twee weke aanmeld vir hul internskap, maar dit kan nie gebeur nie, want die staat het hulle nog nie geplaas nie.

Parool vir Moordenaar en Ontvoerder van Leigh Matthews in 2004 Word Teengestaan!

Leigh Matthews, was ‘n sprankelinde jong 21-jarige student, met haar lewe voor haar, toe sy in 2004 ‘n vreemdeling ‘n rygeleentheid gegee het, wat haar toe ontvoer en vermoor het. Nou kan haar moordenaar waarlik waar op parool vrygelaat word! Volgens Leigh se Pa sal die gesin die paroolaansoek teenstaan.

#BrendinHorner Verdagtes Kry Borg van R5,000, Maar Borg Geweier in #DirkiesDorp2 Saak al Was Hulle nie op Moordtoneel nie!

Borgtog van slegs R5,000 is Dinsdag in Senekal toegestaan vir die moordverdagtes van Brendin Horner, maar geen borgtog vir Werner Potgieter en Cornelius Greyling van Pampoenkraal Boerdery in Dirkiesdorp nie, selfs al was hulle nie eens op die toneel toe die misdaad gepleeg is nie. DIT LYK HUL MISDAAD IS DAT HULLE WIT IS!

SANW bied Kursusse aan met MEER as 50 Mense Teenwoordig – Kry Heelwat Covid Gevalle, 3 Dood in Kimberley – Maar Kursusse Gaan nog Voort!

Die SANW ondervind heelwat Covid-19 infeksies en op ‘n 4 maand weermag kursus wat in Heidelberg Gauteng gehou word, is daar al 13 Covid gevalle op die kursus, maar die hoofde wil nie die kursus stop nie. Al die besmette mense bly wel in dieselfde koue rondawel en gebruik dieselfde geriewe, ens.

Meer as 108,000 Vuurwapens Vermis! SAPD en SANW Bewapen Kriminele maar Ontwapen Wetsgehoorsame Eienaars!

Dit blyk asof die SA Polisie Diens aan die kant van die kriminele veg! Ongelooflik het die SAPD dit reggekry om meer as 26,000 vuurwapens te verloor oor ‘n tydperk 12 jaar, en in 2011 kon die SANW nie rekenskap gee oor 82,000 vuurwapens nie!