Parool vir Moordenaar en Ontvoerder van Leigh Matthews in 2004 Word Teengestaan!

Leigh Matthews, was ‘n sprankelinde jong 21-jarige student, met haar lewe voor haar, toe sy in 2004 ‘n vreemdeling ‘n rygeleentheid gegee het, wat haar toe ontvoer en vermoor het. Nou kan haar moordenaar waarlik waar op parool vrygelaat word! Volgens Leigh se Pa sal die gesin die paroolaansoek teenstaan.

Wallaby-rugbyspeler hartlik welkom geheet in SA na grypdief hom steek met mes tydens rooftog in Jhb

Taniela Tupou, stut van die Australiëse rugbyspan, vertel hoe hy Saterdagaand in Sandton van sy selfoon beroof is.

‘n Australiese rugbyspeler is Saterdagaand in Sandton met ‘n mes gesteek toe hy ‘n grypdief agternagesit het wat sy selfoon gesteel het.

Die dief het Taniela Tupou, die Wallabies se stut, twee keer in sy regterarm gesteek. Die spandokter het hom daarna behandel.

Hy was saam met agt van sy spanmaats op pad terug na hul hotel in Sandton toe ‘n man met ‘n klapmus sy selfoon gegryp het, het Chris Ford, kommunikasiehoof van Australië Rugby, gesê. Die Australiese rugbyspan is in Suid-Afrika vir die rugbykampioenskapwestryd wat Saterdag op Ellis Park in Johannesburg gespeel word.

-Netwerk24 / 2019-07-14

Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAFFA-nuus nie.