Dit word dag by dag duideliker dat die ver linkse regime in VSA, onder leiding van die Demokrate, Deep State, Sosiale Media, Big Tech, ens., nader en nader na ‘n totalitêre regime beweeg, waar selfs woorde ‘n mens in die tronk kan laat beland. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die huidige rigting van internasionale betrekkinge-strategie wat die regering van die Verenigde State aanneem, vergelyk met die een wat gelei het tot die ontbinding van die USSR, toe hy die week by SPIEF’21 gepraat het. Daar is al lank bespiegel oor hoe harde kommuniste in 1989, nadat die Berlynse muur afgebring is, die weste ingevaar en regerings van Westerse lande ingesypel het. Angela Merkel, (nee Kasner) ‘n “vorige” kommunis vat van Oos Duitsland afkomstig is, is ‘n goeie voorbeeld. Hoeveel kommuniste het SA toe gekom? Ons wonder ook of die hele “val van kommunisme” net ‘n klug was, om die Weste te kry om hul verdediging t
Die vormingsgesprekke vir die vierde Rutte reënboog kabinet na verkiesings in Nederland, is weer vasgevang, en die formateur Mariëtte Hamer het die deelnemende partye gevra om niks hieroor bekend te maak nie. Die gesprekke is moeilik, hoofsaaklik vanweë die beoogde konstruksie van die VVD-CDA-D66-blok, tesame met GroenLinks en PvdA. Met die deelname van die debutant GroenLinks aan die regering is hierdie ver-linkse koalisie moeilik vir CDA-leier Hoekstra en VVD-koning Rutte.
Volgens ‘n artikel van die ver linkse Atlantiese meningswebwerf Bellingcat, is die ligging van een van die Amerikaanse weermag se ses geheime kernwapendepots in Europa, blootgelê, na jare se werk om foto’s wat op sosiale media in 2013 gedeel was, te ontleed. Die kernwapens word in lande soosBelgië, Duitsland, Italië en Turkye gehuisves as ‘n teenwig teen Russiese agressie. Hierdie een wat ontbloot is, is in Nederland, naamlik in die Brabantse Uden. Deur die foto’s te ontleed, kon Bellingcat nie net die ligging van die depot (Volkel-lugbasis) vasstel nie, maar ook ‘n aantal geheime benamings, kodes en ander inligting ontleed. Mens kan net droom dat konserwatiewe platforms sulke tyd het om navorsing te doen…
Veiligheidsprotokolle is lank, gedetailleerd en moet onthou word en om hierdie proses te vereenvoudig, dus het sommige dienspersoneel publiek sigbare flitskaart-leerprogramme gebruik – wat per ongeluk ‘n aantal sensitiewe beveiligi
In Belgie het twee voormalige soldate oproer gemaak to hulle erken het dat “Al hoe meer soldate ‘n houding teen politici het.” Dit beklemtoon die ongesteldheid in die Belgiese weermag, insluitend die gebrek aan sielkundige berading ná missies in die buiteland. 8 Miljoen Euro is aan Gaza gestuur, maar soldate wat in Afghanistan of Somalië dien, het die fisiese haat van die plaaslike bevolking daar ervaar. Om maande in ‘n bedreiginge klimaat te leef, laat spore. Maar dit is nie alles nie: die gebrek aan toerusting veroorsaak ook toenemende moedeloosheid onder die weermag.
Met elke buitelandse opdrag word die sielkundige emmer ‘n bietjie verder gevul totdat dit vol is en oorloop. Die gevolge kan eers na baie jare te voorskyn kom. Volgens die twee oud-soldate kan sielkundige berading vir soldate wat uit ‘n oorlogsone kom, vertroosting bied, maar daar is geen geld daarvoor nie.
Dit is ‘n warboel by die Nederlandse Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport (VWS), nadat die rekenings vir die vorige jaar deur die Oudithof geoudit is. Daar is nie minder as 5,1 miljard euro korona-uitgawes waarvan die eerste adjunk-premier van Nederland, minister Hugo de Jonge nie verantwoording kan doen nie, oor waar sy ministerie die geld bestee het. Daar is verder ook geen oorsig of al die bestelde items wel afgelewer is nie.
Die ministerie moes verlede jaar vinnig mediese voorrade aanskaf en het blykbaar gedink dat hulle dit sou kon doen sonder om sulke rekords te hou, maar die Oudithof het die volgende onder andere uitgereik:
Die Ouditeershof het nietemin ernstige tekortkominge gevind in haar verantwoordingsoudit van die 2020-regeringsrekening. Inderdaad, finansiële bestuur by die Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport was so onvoldoende dat die Ouditers beswaar gemaak het:
Daar is vandeesweek weer ‘n skeuring binne Nederland se konserwatiewe populistiese party, Forum vir Demokrasie (FVD) na nie minder nie as drie van die agt Tweede Kamer LP’s besluit het om weg te breek. Hulle is die FVD-faksielede Wybren van Haga, Olaf Ephraim en Hans Smolders.
Volgens die persverklaring van Wybren van Haga “Het daar ‘n meningsverskil ontstaan oor die manier waarop politiek gevoer word” wat aangevoer word as ‘n rede om nie langer by die FVD party te bly nie, ‘n stap wat die FVD sê hulle betreur.
‘n Basketbalbaan in Anderlecht, Belgie is pas herdoop na Mehdi Bouda, ‘n 17-jarige immigrant wat in 2019 dood is toe hy as ‘n verdagte van die polisie in ‘n dwelmtransaksie weggehardloop het, en per ongeluk deur ‘n polisievoertuig getref is. Die absurde voorstel is gemaak deur ‘n raadslid van Vooruit Party, Safouane Akremi. Foto’s wys hoe die gedenkplaat gehang word. Daarna is ‘n Islamitiese gebed deur ander immigrante ter ere van die verdagte gedoen.
In normale lande is strate en pleine vernoem na mense wat iets positiefs vir die gemeenskap gedoen het. In Belgie, op voorstel van Vooruit, is hulle nou vernoem na immigrante wat van die polisie vlug wanneer daar ondersoek ingestel word na die besit van dwelms en dwelmhandel.