Enorme Mars Teen “Inentings Paspoorte” in Amsterdam Trek 100,000 Protesteerders van Regoor Politieke Spektrum!

Enorme Mars Teen "Inentings Paspoorte" in Amsterdam Trek 100,000 Protesteerders van Regoor Politieke Spektrum!

Mense van regoor die politieke spektrum het Sondag in die strate van Amsterdam gepak om te protesteer teen die voorgestelde entstofpaspoorte van die Nederlandse regering. Die betoging was so groot dat paaie in die middestad vir myle blokkeer was, maar al die hoofstroom media in Nederland het die protes probeer ignoreer of verkleineer. Sommiges het beweer dat dit net 10,000 ver-regse ekstremiste was, maar dié leuen was gou ontbloot deur die teenwoordigheid van jong dansmusiek-aanhangers, Hare Krishnas, godsdienstige organisasies, pensioenarisse, anargiste, fietsryers, voormalige polisiebeamptes en soldate.

België Skeep Ook Weermag Af, Maar Gee 35 Miljoen Euro Aan Buiteland, wat Globalisme se Doelwitte Ontbloot!

In Belgie het twee voormalige soldate oproer gemaak to hulle erken het dat “Al hoe meer soldate ‘n houding teen politici het.” Dit beklemtoon die ongesteldheid in die Belgiese weermag, insluitend die gebrek aan sielkundige berading ná missies in die buiteland. 8 Miljoen Euro is aan Gaza gestuur, maar soldate wat in Afghanistan of Somalië dien, het die fisiese haat van die plaaslike bevolking daar ervaar. Om maande in ‘n bedreiginge klimaat te leef, laat spore. Maar dit is nie alles nie: die gebrek aan toerusting veroorsaak ook toenemende moedeloosheid onder die weermag.

Met elke buitelandse opdrag word die sielkundige emmer ‘n bietjie verder gevul totdat dit vol is en oorloop. Die gevolge kan eers na baie jare te voorskyn kom. Volgens die twee oud-soldate kan sielkundige berading vir soldate wat uit ‘n oorlogsone kom, vertroosting bied, maar daar is geen geld daarvoor nie.

Luister Hier: