Ons Samelewing het TWEE Noue Ontkomings Gehad in een Week, na TWEE Potensiële Dodelike Sonfakkels aan die Ver Kant van die Son Ontplof!

Stel U voor ‘n ontploffing aan die ver kant van die son, so kragtig, dat ons dit aan hierdie kant, hier op aarde, kan voel. Wel, dit het net gebeur, TWEE keer op 13 en 16de Julie! Die plasma het na vore gekom in ‘n sirkelvormige wolk wat bekend staan ​​as ‘n halo-CME (Coronal Mass Ejection). Ondanks die feit dat die massiewe liggaam van die son die ontploffings geblokkeer het, het energieke deeltjies die aarde nog steeds gepeper. Die skrikwekkende deel is, dat sou dit aan ons kant van die son gebeur het, sou U miskien nie die berig op U elektroniese toestel lees of hoor nie, aangesien so ‘n groot CME vernietigende effekte op die Aarde se magnetieseveld kan hê, dat alle elektroniese en elektriese toerusting kan braai!

Die Prys Van Geskiedenis Vergeet: Sonlig Deaktiveer Koronavirus 8 Keer Vinniger as Voorspel, Volgens Nuwe Studie!

Hoeveel is Dood Omdat Ons Die Lesse van Geskiedenis Vergeet Het? Navorsers het in eksperimente gevind dat die koronavirus  soveel as agt keer vinniger deur sonlig gedeaktiveer word, as wat die huidige teoretiese modellering voorspel, wat ‘n bietjie hoop bied om die gety van die pandemie om te draai. UC Santa Barbara assistent professor in meganiese ingenieurswese, Paolo Luzzatto-Fegiz, het ‘n ontleding gedoen van 2020-studies wat die effekte van verskillende vorme van UV-straling op die SARS-CoV-2 ondersoek het, en ‘n beduidende verskil gevind het. Maar dit is dan welbekend dat ‘n honderd jaar gelede is Spaanse Griep pasiënte se beddens buite geplaas in die son (foto)!

Medisyne het gedurende die eerste dekades van die vorige eeu ‘n geweldige sprong vorentoe gemaak as gevolg van die tweeling-tragedies van die eerste Wêreldoorlog en die verspreiding van die dodelike Spaanse griep. Destyds