België Skeep Ook Weermag Af, Maar Gee 35 Miljoen Euro Aan Buiteland, wat Globalisme se Doelwitte Ontbloot!

In Belgie het twee voormalige soldate oproer gemaak to hulle erken het dat “Al hoe meer soldate ‘n houding teen politici het.” Dit beklemtoon die ongesteldheid in die Belgiese weermag, insluitend die gebrek aan sielkundige berading ná missies in die buiteland. 8 Miljoen Euro is aan Gaza gestuur, maar soldate wat in Afghanistan of Somalië dien, het die fisiese haat van die plaaslike bevolking daar ervaar. Om maande in ‘n bedreiginge klimaat te leef, laat spore. Maar dit is nie alles nie: die gebrek aan toerusting veroorsaak ook toenemende moedeloosheid onder die weermag.

Met elke buitelandse opdrag word die sielkundige emmer ‘n bietjie verder gevul totdat dit vol is en oorloop. Die gevolge kan eers na baie jare te voorskyn kom. Volgens die twee oud-soldate kan sielkundige berading vir soldate wat uit ‘n oorlogsone kom, vertroosting bied, maar daar is geen geld daarvoor nie.

Luister Hier:

Belgie se George Floyd: Basketbalbaan in Belgie Herdoop na ‘n Islamitiese Dwelmsmous!

‘n Basketbalbaan in Anderlecht, Belgie is pas herdoop na Mehdi Bouda, ‘n 17-jarige immigrant wat in 2019 dood is toe hy as ‘n verdagte van die polisie in ‘n dwelmtransaksie weggehardloop het, en per ongeluk deur ‘n polisievoertuig getref is. Die absurde voorstel is gemaak deur ‘n raadslid van Vooruit Party, Safouane Akremi. Foto’s wys hoe die gedenkplaat gehang word. Daarna is ‘n Islamitiese gebed deur ander immigrante ter ere van die verdagte gedoen.

In normale lande is strate en pleine vernoem na mense wat iets positiefs vir die gemeenskap gedoen het. In Belgie, op voorstel van Vooruit, is hulle nou vernoem na immigrante wat van die polisie vlug wanneer daar ondersoek ingestel word na die besit van dwelms en dwelmhandel.

Luister Hier: