
Avokado’s het die afgelope jaar met 49% gestyg, en dit is boonop moeilik om goeie gehalte avokados te kry ná drie weke van ongunstige weerstoestande in groot produserende streke gedurende die blomtyd van die vrugte in September verlede jaar.
Wêreld Nuus
Stel U voor ‘n ontploffing aan die ver kant van die son, so kragtig, dat ons dit aan hierdie kant, hier op aarde, kan voel. Wel, dit het net gebeur, TWEE keer op 13 en 16de Julie! Die plasma het na vore gekom in ‘n sirkelvormige wolk wat bekend staan as ‘n halo-CME (Coronal Mass Ejection). Ondanks die feit dat die massiewe liggaam van die son die ontploffings geblokkeer het, het energieke deeltjies die aarde nog steeds gepeper. Die skrikwekkende deel is, dat sou dit aan ons kant van die son gebeur het, sou U miskien nie die berig op U elektroniese toestel lees of hoor nie, aangesien so ‘n groot CME vernietigende effekte op die Aarde se magnetieseveld kan hê, dat alle elektroniese en elektriese toerusting kan braai!
Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet.
Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.