Ons Samelewing het TWEE Noue Ontkomings Gehad in een Week, na TWEE Potensiële Dodelike Sonfakkels aan die Ver Kant van die Son Ontplof!

Stel U voor ‘n ontploffing aan die ver kant van die son, so kragtig, dat ons dit aan hierdie kant, hier op aarde, kan voel. Wel, dit het net gebeur, TWEE keer op 13 en 16de Julie! Die plasma het na vore gekom in ‘n sirkelvormige wolk wat bekend staan ​​as ‘n halo-CME (Coronal Mass Ejection). Ondanks die feit dat die massiewe liggaam van die son die ontploffings geblokkeer het, het energieke deeltjies die aarde nog steeds gepeper. Die skrikwekkende deel is, dat sou dit aan ons kant van die son gebeur het, sou U miskien nie die berig op U elektroniese toestel lees of hoor nie, aangesien so ‘n groot CME vernietigende effekte op die Aarde se magnetieseveld kan hê, dat alle elektroniese en elektriese toerusting kan braai!

Veelmannery? ANC Skep Moeras van Seksisme en Rassisme met Nuwe Huwelikswet! Nie Blanke Vrouens Sal Meer as Een Man kan Trou!

Indien U nog onder die valse indruk is dat ons in ‘n  Westerse Christelike land woon, sal die nuwe wetsontwerp jou beslis wakker maak. Vir Westerlinge word een man en een vrou as ‘n egpaar beskou, maar met die reënboog nasie, moes ons Westerlinge aanvaar en toelaat dat anderskleurige mans, soveel vroue mag trou as waarvoor hy glo kan sorg, maar blankes kon nogsteeds net een vrou trou? Maar dit is nie genoeg vir die kommuniste nie…

Die ver linkse sosialiste se nuwe wapen om ons gemeenskap totaal te vernietig, is om toe te laat dat vrouens meer as een man kan trou, wat beslis die patriargie teen die matriargie debat gaan laat vlam vat! Die ver linkse “vrouelibbers” sal natuurlik hiervan hou, maar sal ‘n blanke vrou meer as een man kan trou?

Luister Hier: