Rebelbier van Orania Brouery kan nie met Aanvraag byhou nie na Loodsgeleenthede in Verskeie Dorpe!

‘n Belangrike deel van ‘n eie ekonomie in Orania is om ‘n afsetgebied en vriendelike handelsbetrekkinge na buite te hê. Die Zebra Brouery in Orania het onlangs loodsgeleenthede in verskillende dorpe in die land gehad, om hulle bier bekend te stel aan ondersteuners wat dit wil bestel!