Skorsing (met Volle Salaris) van Ministers is nie Genoeg nie! 81% sê Korrupte Ministers Moet Afgedank Word!

Die lang lys van ANC ministers wat geskors word, of van hul pligte verlos word, gewoonlik nog op volle salaris, het groot debat ontlok. Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, is een van die mees onlangse ministers wat geskors is nadat hy in Junie op “spesiale verlof” geplaas is, hangende ‘n ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid, en diensverskaffer Digital Vibes, met wie hy persoonlike vriende was, wat na bewering verdag is.

Goedkoop Swart Arbeid is Lewensduur! Nog ‘n Tuinier Skuldig Bevind vir Wrede Moord op Bejaarde Blanke Werkgewer!

Ons befonds ons eie ondergang deur goedkoop swart arbeid aan te stel. Derduisende van ons wit mense, veral ons ouer mense, is al deur swart werkers vermoor, veral swart huis en tuin werkers, wat al ons doen en late ken. Al dink jy hulle is lojaal, selfs na dekades, word hulle in ‘n oogwink geradikaliseer deur EFF, BLF, PAC, ens. of word ‘n deel in die buit geoffer. Soms is dit teen hul wil – onthou Winnie Mandela se mense het brandende bande om die nekke gegooi van die swartes wat nie wou radikaliseer nie.

Dag na Dag Word ons ou Mensies Wreed Vermoor deur Swart Barbare net vir TV’s en Selfone!

Nog 2 bejaarde blanke ou mans vermoor in hulle huise gevind. Kort na die moord op mnr Thomas Glen Love (89), wat vermoor gevind is in sy Storms River huis in die Oos Kaap op 31 Julie 2021, is mnr Kallie Van Heerden (78) vermoor in sy huis in Christiana. Gaan ons werklik almal op ons ou dag vermoor word? En nee, al is dit net “gewone misdaad” is dit NIE normaal en nie aanvaarbaar nie! Noem dit wat dit is – swart op wit volksmoord. 

Pligte vir Blankes, Regte vir Swartes – Daar is Geen “Equality” in die Reënboog Abominasie Genoem Suid Afrika nie!

Dit is verbasend dat ‘n Engelstalige saketydskrif soos Business Day nog na vore kan kom met die retoriese vraag of Suid Afrikaners gelyke regte het. Die gelaaide stelling is opgetel en vertaal na Afrikaans deur professor in sielkunde en kriminologie aan die Universiteit van Suid-Afrika, Chris Nortje. Chris se antwoord was reg en pront uit, “Nee. Jong blankes kan nie eers werk kry in hierdie land nie!

Wil Diktator Lesufi Blanke Kinders na Lokasie Skole Stuur? Geforseerde Rasse Integrasie Ontneem Ouers van Grondwetlike Reg tot Vryheid van Assosiasie in Gauteng!

Lesufi, wat wel bekend is vir sy diktatoriale anti Afrikaanse uitlatings, het sy plan vir etniese volksmoord deur geforseerde rasse integrasie in skole uitgelê, wat mense se grondwetlike reg tot vrye assosiasie ontneem. Dit is duidelik dat tuiskool of CVO skole die enige pad vorentoe is vir blankes. Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy bose plan uitgelê Sondag tydens ‘n persverklaring, toe hy ook aangekondig het dat die graad 1 -klas van 2022 in Gauteng oudergewoonte immuniseringskaarte (nie Covid19 inenting nie) moet voorsien om by skole toegelaat te word. 

Bheki Cele en Khehla Sitole Ondervra oor 1.5 Miljoen Omstrede Koeëls wat Gesteel is Tydens ANC Onluste!

Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.

Luukse Horlosie-diefstal lei Polisie na R8 Miljoen Gesteelde Edelstene in Kaapstadse Pandjieswinkels

‘n Ondersoek na die diefstal van ‘n luukse horlosie uit ‘n huis in Houtbaai het die polisie in die Wes-Kaap na kosbare juwele gelei en glo horlosies in twee pandjieswinkels in die middestad van Kaapstad, wat gesteel is. Lede van die Maitland blitspatrollie het ‘n 45-jarige buitelander in hegtenis geneem, vir die besit van gesteelde goedere nadat hulle horlosies en edelstene – insluitend ongeslypte diamante – by twee tweedehandse goudhandelaars gevind het.

ANC Wyksraadslid van Daveyton, Solly Silawule was glo een van die Plunderaars wat Drankwinkel Geplunder het in ANC Geweld!

Na wat verneem word, was die ANC raadslid van wyk 71 van Daveyton, Solly Silawule, onder diegene wat ‘n plaaslike drankwinkel by die Daveyton Mall in die omgewing geplunder het. Die Ekurhuleni-wyksraadslid van die African National Congress (ANC), is vermoedelik onder diegene wat in hegtenis geneem is weens die onlangse plundering.

SAPD het Misluk om Gemeenskape en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!

EFF Lafaards Terroriseer nou Weerlose Bejaardes van Huis Herfsblaar Ouetehuis in Pretoria!

Verskeie skole in die Queenswood-omgewing van Pretoria is vandag, Woensdag 28 Julie gesluit weens ‘n optog van die EFF na Huis Herfsblaar ouetehuis, waar die Bittereinders gevra is om die ou mense te verdedig teem Malema se rasselokaas en aandag soekery.