
Paul Holden, navorser van Shadow World Investigations, het Vrydag glo aan die staatskapingkommissie gesê dat die staat meer as R1 miljard betaal het om die Optimum-myn vanuit die Gupta-besit te koop.
Wêreld Nuus
Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val.
Oudpresident Jacob Zuma se stigting het die uitspraak van die Konstitusionele hof, wat 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting, gekritiseer en gesê dit is “emosioneel en nie in ooreenstemming met ons grondwet nie”. Siende dat diê hof ook rassisme teen blankes goedgekeur het, met betrekking tot Covid hulp, is dit al lank bekend dat die Grondwet ignoreer word deur die hof, en hierdie soort betwissing die nagevolge daarvan is.
Rosemont Seneca Technology Partners (RSTP), ‘n beleggingsonderneming onder leiding van Joe Biden se seun Hunter Biden, was ‘n leidende finansiële ondersteuner van Metabiota, ‘n pandemie-opsporings- en reaksieonderneming wat saamgewerk het met Peter Daszak se EcoHealth Alliance en die Wuhan Institute of Virology.
‘n Ontsettende belangrike hofsaak, wat die feit dat Twitter inderdaad ‘n staatsakteur is, kan bewys, wat baie ernstige gevolge kan hê, is deur Harmy Dillon en Ron Coleman van Kalifornië gebring. Hulle het al die bewyse en kwitansies om te bewys dat die Staat van Kalifornië en die Demokratiese Party saamgesweer het met Twitter, om hul politiek opponente te sensuur, met die gebruik van “Verkiesingsintegriteit” as ‘n valse rede.
‘n Paar Indiër broers Raees (17) en Ameer Cajee (21) het verdwyn, tesame met Bitcoin ter waarde van $ 3,6 miljard vanaf hul kriptokurrency-beleggingsplatform. ‘n Kaapstadse regsfirma wat deur beleggers / slagoffers aangestel is, sê dat hulle die broers nie kan opspoor nie, en het die saak by die Valke, ‘n elite-eenheid van die nasionale polisie, aangemeld. Kripto-uitruilings platforms regoor die wêreld is ook in kennis gestel sou die Cajee broers probeer om die digitale munte om te skakel.