
‘n Wrede plaasaanval is die nag van 8 September 2021, om 20:00, in Kortfontein tussen Koster en Derby in die Noordwes provinsie uitgevoer. Chris Barnard en sy vrou Hesta is in hul huis deur drie aanvallers oorval en vir vier ure gemartel.
Wêreld Nuus
‘n 55-jarige boer is in die rug doodgeskiet terwyl plaasaanvallers Sondagaand sy vrou se arms gebreek het, en sy seun geskiet het tydens ‘n wrede plaasaanval net buite Kinkelbos, naby Nanaga, Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Dit blyk asof die boer aspris geteiken was om vermoor te word, want slegs twee selfone en kontant is gesteel, en die aanvallers so vasberade was om die boer aan te val, dat hulle sy vrou se arms stukkend geskop het, maar details is nog vaag.
Hanlie Geldenhuis, ‘n weerlose bejaarde vrou, met die ryp ouderdom van 94 jaar, se lewe het tragies tot ‘n einde gekom aan die hand van ‘n onbekende aantal barbare. Hulle het haar die nag van 27 Augustus 2021 summier deur die venster geskiet. op haar plaas in Kalbasfontein, in Westonaria, Oos van Fochville, in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.
Nog ‘n onskadelike, weerlose bejaarde blanke egpaar is wreed vermoor deur hul swart tuinier, hierdie keer in Sasolburg. Dit is uiters onwaarskynlik dat ‘n normale redelike persoon hul eie werkgewer sou vermoor en hul eie inkomste beëindig, vir slegs ‘n paar skamele besittings wat med medepligtiges gedeel moet word, so dit is NIE “normale misdaad” nie! Ons moet vra of die tuinier deur lede van die EFF, PAC of BLF geradikaliseer is, met die valse gronddiefstal narratief? Was dit ‘n haat misdaad wat vermom is as roof wat verkeerd gegaan het? Waarom vra niemand die politieke affiliasies van die oortreders as hulle swart is nie? Maar as hulle wit is en die slagoffers swart was, sou politieke affiliasies oral in die hoofopskrifte en polisie ondersoeke verskyn!
Nuus.net het twee weke terug berig oor ‘n plaasaanval op 11 Augustus in Theesecombe naby PE, waar ‘n trop gewapende swartmans in klapmusse die glasdeur stukkend gegooi het en gelyktydig die sitkamer ingeval het. Dit het weer gebeur, die keer net oorkant St Francis Baai op 19 Augustus 2021 omstreeks 18h45. Weereens was die eienaars, van die plaas Braklaagte tussen Hankey en Humansdorp, besig om in hul sitkamer te ontspan toe die glasdeur gebreek is deur ‘n groot klip wat deur die glas gegooi is.
Is anti-wit rassisme deesdae ‘n basiese deel van swart kultuur en opvoeding? ‘n Plaaslike melkman van Postmasburg, Andries de Klerk (57) is deur drie swart jeugdiges met klippe doodgegooi terwyl hy melk in die swart lokasie Marantheng, in die Noord Kaap afgelewer het. Die Pa van twee en oupa, het op Woensdag 18 Augustus 2021 beswyk aan die wonde wat hy gekry het nadat hy met klippe bestook is.
Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het.
Dit is verbasend dat ‘n Engelstalige saketydskrif soos Business Day nog na vore kan kom met die retoriese vraag of Suid Afrikaners gelyke regte het. Die gelaaide stelling is opgetel en vertaal na Afrikaans deur professor in sielkunde en kriminologie aan die Universiteit van Suid-Afrika, Chris Nortje. Chris se antwoord was reg en pront uit, “Nee. Jong blankes kan nie eers werk kry in hierdie land nie!“