Ses Gewapende Plaasaanvallers Dwing Werkers om Boer en Vrou uit Huis te Lok, om op Hulle te Skiet!

Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het.