Tweede Geval van Plaasaanvallers wat deur Glasdeur Bars in Port Elizabeth! Selfde Bende aan die Werk?

Tweede Geval van Plaasaanvallers wat deur Glasdeur Bars in Port Elizabeth! Selfde Bende aan die Werk?

Nuus.net het twee weke terug berig oor ‘n plaasaanval op 11 Augustus in Theesecombe naby PE, waar ‘n trop gewapende swartmans in klapmusse die glasdeur stukkend gegooi het en gelyktydig die sitkamer ingeval het. Dit het weer gebeur, die keer net oorkant St Francis Baai op 19 Augustus 2021 omstreeks 18h45. Weereens was die eienaars, van die plaas Braklaagte tussen Hankey en Humansdorp, besig om in hul sitkamer te ontspan toe die glasdeur gebreek is deur ‘n groot klip wat deur die glas gegooi is.