
Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.
Wêreld Nuus
Nog ‘n ANC munisipale mislukking is besig om verwoesting te saai in Emfuleni op die Wesrand van Gauteng waar inwoners van laekoste-behuisingskema in Duncanville, daagliks baie uitdagings in die gesig staar soos: riool wat opstoot, aanhoudende waterlekasies wat nie herstel word nie, geboue wat inmekaar wil val omdat krake nie herstel word nie, en vullis word nie verwyder nie.
Een uit drie mense ontvang welsyn in ANC se SA! Die ANC het dit uiteindelik dit reggekry om ‘n eerste wêreld land heeltemal om te keer na ‘n sosialistiese humanitêre rampgebied, en self die ekonomie is nou heeltemal omgedraai! Onder die sosialistiese ANC regime het Suid-Afrika se aantal werkgeleenthede en maatskaplike toelaes, die afgelope twintig jaar effektief omgekeer, en dit is nie volhoubaar nie en is dus nou een van die land se grootste risikos, sê Nkosana Mashiya, uitvoerende hoof van Risikobestuur by Capitec.
Deesdae begin meer en meer mense van die huis en weg van Stadsentrums te werk, en Orania beplan om diê geleentheid te gebruik om meer mense te lok deur ordentlike internet infrastruktuur op te stel. Die Orania Dorpskantoor se infrastruktuurontwikkeling om hoë spoed internet in Orania te realiseer is goed aan die gang.
Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg.
‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.