Wesrand Emfuleni Munisipaliteit kan nie sy Basiese Verantwoordelikheid Nakom nie en Word Gevaarlik vir Inwoners!

Nog ‘n ANC munisipale mislukking is besig om verwoesting te saai in Emfuleni op die Wesrand van Gauteng waar inwoners van laekoste-behuisingskema in Duncanville, daagliks baie uitdagings in die gesig staar soos: riool wat opstoot, aanhoudende waterlekasies wat nie herstel word nie, geboue wat inmekaar wil val omdat krake nie herstel word nie, en vullis word nie verwyder nie.