Fondasie vir 50 Meter Optiesevesel-internettoring word in Orania Gegooi

Deesdae begin meer en meer mense van die huis en weg van Stadsentrums te werk, en Orania beplan om diê geleentheid te gebruik om meer mense te lok deur ordentlike internet infrastruktuur op te stel. Die Orania Dorpskantoor se infrastruktuurontwikkeling om hoë spoed internet in Orania te realiseer is goed aan die gang.