Twee Suid-Afrikaners sterf tragies in noodlottige ongeluk in die oorlog geteisterde Jemen

Johan den Haan  en Pieter Schoeman, ’n pa van drie, is Sondag te same met drie ander buitelanders is in ’n landmyn-ongeluk dood.

Hul span was uitgekontrakteer om landmyne by Maa’rib aan die grens tussen Jemen en Saoedi-Arabië onskadelik te stel en te verwyder. Hulle almal het gesterf toe tegnici ’n vrag landmyne gelaai het om vernietig te word en daar ’n ontploffing was. Besonderhede oor wat presies gebeur het, is nog onduidelik.

Johan den Haan het dit sy lewe gemaak om landmyne en ploftoestelle uit oorlogsones te verwyder. Só vertel die familie van ’n gewese wat die naweek in Jemen dood is.

Louis Rossouw, Den Haan se swaer, het Dinsdag gesê die vragmotor vol landmyne het “om een of ander onbekende rede” ontplof.

Den Haan het in Bloemfontein gewoon saam met sy vrou en seun wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.

Volgens Rossouw het Den Haan as kind in die noordelike voorstede van Kaapstad gewoon en later na Brakpan, Gauten

Suid-Afrikaner wat weens beweerde terrorisme in Mosambiek aangehou is, is onder raaiselagtige omstandighede oorlede

André Hanekom, die Suid-Afrikaner wat meer as ses maande lank in aanhouding in Mosambiek was, is Woensdagoggend onder raaiselagtige omstandighede dood. Foto: Verskaf

“Hulle het my pa verwoes en toe doodgemaak,” het ’n emosionele Andrie, Hanekom se dogter, aan Netwerk24 gesê.

Volgens Andrie het haar ma, Francis, Woensdagoggend omstreeks 04:00 ’n oproep ontvang wat haar ingelig het van haar man se dood.

“Ons is deur ses maande van hel om sy onskuld te bewys en nou is hy dood, ek sal hom nooit weer ’n drukkie kan gee nie,” het ’n huilende Andrie gesê.

Sy sê haar pa is Saterdag na die waakeenheid van ’n hospitaal in Mosambiek oorgeplaas nadat hy in sy maag begin bloei het. Hy het ook konvulsies gekry en het later sy bewussyn verloor.

Andrie sê die volgende wat hulle gehoor het, is dat hy dood is.

“Niemand het ooit ondersoek ingestel nie, ons het gepleit vir hulp en in Suid-Afrika het die owerhede nie ’n vinger gelig om hom te he

Oud-SA rugbyspeler Barend Britz in Frankryk vermoor

Die oud-rugbyspeler Barend Britz is Donderdagaand in ’n aanval in sy kroeg in Perpignan, Frankryk, beseer en net daarna in die hospitaal dood.

Britz (63), ’n slot in sy speeldae, wat die kroeg Bar and Britz in die suide van Frankryk besit het, is aangeval deur ’n man wat sy kroeg verwoes het. Luidens berigte in die Franse media het Britz aan sy beserings dood met sy aankoms by die hospitaal in Perpignan.

Die aanvaller het glo stoele rondgegooi en vensters stukkend geslaan voordat hy Britz verskeie kere oor die kop geslaan het.

Volgens lindependant.fr sê ’n ooggetuie dat die aanvaller omstreeks 21:00 by die kroeg ingebars het. Britz het glo probeer om die man te kalmeer, maar hy is verskeie kere oor die kop geslaan.

Volgens sy seun Barend is twee mans in hegtenis geneem, aldus SupaRugby.

Britz het in die tagtigerjare provinsiale rugby vir Transvaal (Goue Leeus) en Noord-Transvaal (Blou Bulle) gespeel, voordat hy na Frankryk verhuis het en tot sy

Suid-Afrikaanse onderwyser dood, nog ’n Suid-Afrikaner veg om lewe na grusame motorfietsongeluk in Viëtnam

Benjamin Jooste (26) is die tweede oudleerling van die Potchefstroom Gimnasium wat in Viëtnam dood is.

Dit kom nadat sy skoolmaat Colin Wheeler (24), ’n Engelsonderwyser, in Oktober 2016 weens orgaanversaking in ’n Viëtnamese hospitaal dood is.

Benjamin, ’n oudstudent van die Noordwes-Universiteit, het as ’n onderwyser by ’n Engelse taalsentrum in die hoofstad, Hanoi, gewerk en is Saterdagoggend dood toe sy motorfiets op Snelweg-5 teen die agterkant van ’n voertuig gebots het.

’n Vragmotor het oor hom en sy kollega, wat saam met hom op die motorfiets was, gery. Die kollega, ook ’n Suid-Afrikaner, is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

Net nadat die doodstyding aan Benjamin se familie oorgedra is, het sy ma, Erna, ’n gedig oor sy dood geskryf.

Bertus le Roux, ’n familievriend, het Sondag Benjamin se dood bevestig.

Hy sê Benjamin se pa, Wouter, en broer, Simeon, wil so gou moontlik na