Jong mense maak seker jy het die regte visums voor jy jouself beskikbaar stel as Engelse onderwyser – Jong vrou van Oos-Londen in tronk opgesluit in China

’n 19-jarige vrou van Oos-Londen het nog nie eers haar eerste salaris as Engels-onderwyser in China ontvang nie, toe word sy in ’n tronk opgesluit.

Tristan-Lee Niemand (19) is op 16 November deur die owerhede van die Chinese regering in Nanjing, sowat 300 km wes van Sjanghai, in hegtenis geneem. Sedertdien word sy glo in haglike omstandighede aangehou en het nog geensins kontak gehad met haar ouers in Oos-Londen in die Oos-Kaap nie.

Stacey-Lee Niemand, Tristan-Lee se ma, sê sy het deur haar dogter se Amerikaanse vriend in China verneem haar dogter is in die tronk.

“Ek het laas op 16 November met my dogter gepraat. Ek weet nie wat hulle met haar doen of hoekom nie. En die regering was tot dusver van geen hulp gewees nie,” het Niemand gesê.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het bevestig Tristan-Lee word in ’n tronk in Nanjing aangehou.

Sy is glo in verband met beweerde visum-oortred