Suid-Afrikaner wat weens beweerde terrorisme in Mosambiek aangehou is, is onder raaiselagtige omstandighede oorlede

André Hanekom, die Suid-Afrikaner wat meer as ses maande lank in aanhouding in Mosambiek was, is Woensdagoggend onder raaiselagtige omstandighede dood. Foto: Verskaf

“Hulle het my pa verwoes en toe doodgemaak,” het ’n emosionele Andrie, Hanekom se dogter, aan Netwerk24 gesê.

Volgens Andrie het haar ma, Francis, Woensdagoggend omstreeks 04:00 ’n oproep ontvang wat haar ingelig het van haar man se dood.

“Ons is deur ses maande van hel om sy onskuld te bewys en nou is hy dood, ek sal hom nooit weer ’n drukkie kan gee nie,” het ’n huilende Andrie gesê.

Sy sê haar pa is Saterdag na die waakeenheid van ’n hospitaal in Mosambiek oorgeplaas nadat hy in sy maag begin bloei het. Hy het ook konvulsies gekry en het later sy bewussyn verloor.

Andrie sê die volgende wat hulle gehoor het, is dat hy dood is.

“Niemand het ooit ondersoek ingestel nie, ons het gepleit vir hulp en in Suid-Afrika het die owerhede nie ’n vinger gelig om hom te he