Groep Britse toeriste by Ermelo,Mpumalanga beroof

’n Groep van sowat tien Britse toeriste is Donderdagaand naby Warburton, ’n dorpie naby Ermelo in Mpumalanga, beroof.

“Dit was so 20:00 toe twee voertuie wat lede van ’n internasionale rolprentmaatskappy vervoer het, langs die hoofweg stilgehou het om hulself te verlig,” sê Athol Stark, die hoofsameroeper van Hoëveld-toerisme in Mpumalanga.

Volgens Stark het ’n voertuig agter hulle stilgehou en die ligte van die motor volsterkte aangeskakel sodat die slagoffers nie die aanvallers kon sien nie.

Vier mans het uit dié motor gespring.

“Hulle het die bestuurder van die een voertuig só hard geslaan dat hy sy bewussyn verloor het. Hulle het toe sy beursie, kontant en sy skootrekenaar gevat.”

Daar was twee jonger kinders wat erg getraumatiseer is deur die voorval.

Die rowers het die voertuigsleutels van albei die voertuie gevat en begin om die ander toeriste te dreig.

“Hulle het alles geroof wat die toeriste by hulle gehad he