
Self Verdediging: Soos ons laas week berig het, het ‘n onderhoud met die boere self die uiters gebrekkige en eensydige ondersoek aan die lig gebring, wat die Polisie gedoen het, na die skietvoorval te Dirkiesdorp, Mpumalanga waar 2 swart betogers, die Coka broers, doodgeskiet was op 9 April. SAUK Nuus het laas week berig dat die polisie gelieg het, en die Rapport ondersoek het ook getoon dat die Polisie ‘n totaal valse verklaring aan die media uitgereik het, na die inhegtenisname van 4 plaaslike boere. Dit is hierdie valse getuie wat die massa media opgespring het, en misbruik om rassehaat teen blankes aan te hits.
Die boere verskyn Maandag weer in die hof vir ‘n borgtog aansoek nadat hulle laas naweek toegesluit was, na die Polisie se amptelike verklaring werklik deurspek met leuens was. Dit is tekenend van die eensydige en bloot kwaadwillige ondersoek wat die Polisie op die toneel gedoen het. Dit is duidelik dat die boere onskuldi