SAUK Nuus: Vertrou U ANC of Faceboek Met U Data? Plaasaanvallers Gevonnis, Bo-Karoo Vasbyt tyd, Wisselkoers, Weer en Meer…

SAUK Radio Nuus van die dag. Skakel elke dag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur namiddag om na SAUK Radio se Nuus Bulletin te luister wat vir jou die nuus van die dag bring wat die blanke volk raak. Ons gebruik ‘n lae band stroom so dit neem nie baie data om heeldag lekker te luister nie. Stuur asseblief U nuus brokkies of pers-verklarings aan nuus “by” sauk.co.za. Indien U die nuus wil borg of wil adverteer, skakel ons gerus – alle inkomste word op ons platform spandeer. Indien U wil bydrae tot hierdie inisiatief, of ‘n potgooi het om uit te saai, kontak ons asb.

Oekraïne en VSA Praat nou Openlik oor Krimea Terugneem, wat net tot Oorlog met Rusland kan lei!

Spanning neem dag vir dag toe namate Oekraïne en die Verenigde State van Amerika (VSA) openlik hul wens om die Krimea terug na Oekraïne in te sluit uitspreek. Dit het vir die algemene publiek duidelik geword na die onlangse ondertekening van ‘n besluit deur die Oekraïense president Volodymyr Zelensky, wat verwys na “besette gebiede”, waaronder die Krimea, wat deel van die Oekraïne sou wees. Die Oekraïeniese regering ontvang steun van die VSA in hierdie poging, die Amerikaanse president Joe Biden het reeds gesê dat hy glo “die Krimea is Oekraïens“.

Hierdie presidensiële besluit, genommer 117/2021, beteken dat dit nou die amptelike beleid van Oekraïne is om die Krimea van Rusland terug te eis. Die volgende sin kan in die teks oor hierdie aangeleentheid gelees word;

Oor die strategie van bevryding en herintegrasie van die tydelik besette gebied van die Outonome Republiek van die Krimea en die stad Sewastopol.

Met die kennis van hierdi