As jy Wit is, is jy Uit! Lindiwe Sisulu Erken Sy Weier om Blanke Ingenieurs in Plaas van Kubane aan te Stel Omdat Hulle Wit is!

Dit lyk asof ANC-ministers hul instruksies van mede-sosialistiese radikale in die Weste geneem het, omdat hulle nie meer skaam is om hul anti-blanke rassisme te erken nie. Lindiwe Sisulu, ANC-minister van waterwese, het erken dat wit geskikte, gekwalifiseerde en ervare wateringenieurs vir die poste aansoek gedoen het, waarna sy pas 24 Kubane ingevoer en aangestel het, maar dat sy geweier het om die wit aansoekers aan te stel, op grond daarvan dat hulle wit is.

Die vakbond Solidariteit het daarop gewys dat sy uitdruklik dit erken het in ‘n onderhoud met Radio 2000. Mnr. Theuns du Buisson van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SRI) het verwys na Sisulu se toelating op Radio 2000, toe SRI Vrydag ‘n nuuskonferensie gehou het om ‘n navorsingsverslag oor hoe die ANC miljarde rande mors, om Kubane in te voer, om Suid-Afrikaanse werk te doen soos wateringenieurs, dokters en selfs werktuigkundiges.

Luister Hier:

“Guilty Until Proven Innocent” – Die Era van Media “Show Trials” Wat ‘n Valse Narratief en Sosialistiese Rewolusie Afdwing!

Wat staan ons te doen na #Dirkiesdorp, die #DoodskisTwee, #Coligny en ander korrupte eensydige hofsake? Na aanleiding van die #Dirkiesdorp voorval is dit belangrik om ‘n analise te doen sodat boere en wit mense in die algemeen kan weet hoe om op te tree as so iets weer in die toekoms plaasvind.

Eerstens, die Polisie en NVG word ook beman, beheer en oorheers deur die swart meerderheid, so ons as wit minderheid het van die begin af ‘n agterstand. Dit is dus van uiters belang om te weet dat rasse insidente deur die swart oorheersing revolusionêre soos EFF, ANC, BLF, PAC, SAKP, ens. gebruik word om hulle sogenoemde “revolusie” te bevorder.

Luister Hier:


Suid Afrika Ontvang 325,260 Dosisse Pfizer Entstof…

Suid-Afrika het goeie nuus ontvang met die aankondiging dat die eerste besending 325 260 dosisse Pfizer-entstof teen die koronavirus ontvang is.

‘n Soortgelyke besending sal na verwagting gedurende die volgende week gelewer word van die totale besending van 1,3 miljoen dosisse wat vir Mei bestem is.

Na verwagting sal die lewering in Junie tot soveel as 636 000 per week styg.

Luister Hier:


Die entstof sal hoofsaaklik beskikbaar wees vir mense ouer as 60 jaar, en hoewel die Pfizer-entst

Trump Kritiseer Facebook, Twitter en Google wat die VSA President se Vryheid van Spraak Weggeneem het om “Radikale Linkse Gekke” te Paai!

Donald Trump het ‘n verklaring uitgereik waarin hy die ver linkse sosiale media-maatskappye soos Facebook, Twitter en Youtube ‘n “totale skande” vir die land genoem het, nadat die “Big Tech” monopolie ‘n verbod op hom geplaas het. “Wat Facebook, Twitter en Google gedoen het, is ‘n totale skande en verleentheid vir ons land,” het Trump geskryf. “Vrye spraak is van die President van die Verenigde State weggeneem, omdat die Radikale Linkse Gekke bang is vir die waarheid.

Trump het ‘n beroep gedoen dat die “korrupte sosiale media-maatskappye ‘n politieke prys moet betaal en nooit weer toegelaat word om ons Verkiesingsproses te vernietig nie.”

Luister Hier:


Die Einde van Leeus Teel vir Kommersiële Doeleindes of “Geblikte Leeus” is in Sig!

Die geblikteleeubedryf behoort eersdaags tot ‘n einde te kom nadat die departement van visserye, bosbou en omgewing­sake stappe begin neem het daarteen.

Die teel van leeus, die aanhouding van leeus in kampe en die gebruik van die leeus vir kommersiële doeleindes, moet uitgefaseer word is deur ‘n adviespaneel aanbeveel.

Die geblikte leeubedryf bedreig die bewaring en voortbestaan van wilde leeus omdat dit stropery en sluikhandel aanwakker, se minister Barbara Creecy.

Luister Hier:


Militêre Staatsgreep of Burgeroorlog in Frankryk? 58% Franse Ondersteun Generale se Ope Brief wat Waarsku dat Leër Dalk sal Moet Ingryp Om Burgeroorlog te Vermy!

Volgens ‘n peiling van Harris Interactive, in opdrag van die Franse nuuskanaal LCI, het 64% van die ondervraagdes van die Franse Generale se ope brief gehoor. In totaal ondersteun 58% van die respondente die weermag wat die brief onderteken het, wat onder ‘n steekproef van 1,613 mense voltooi is. In totaal glo 84% van die ondervraagdes dat geweld by die dag toeneem en 73% glo dat Frankryk uitmekaar val.

En dan iets wat hulle beslis nie sal wil hoor nie: byna 1 uit 2 Franse glo dat Frankryk “binnekort ‘n burgeroorlog sal beleef” en dat “die leër moet ingryp sonder om daartoe beveel te word.

Luister Hier:

[audio mp3="https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/05/3-Mei-Frankryk-1.mp3"][/audio]

Enkele gedeeltes uit die ope brief van die weermag (vertaal):

Die gevare neem toe, en geweld neem by die dag toe. Wie kon tien jaar gelede voorspel het dat ‘n onderwyser eendag buite sy skool

SA Burgers Verloor Vertroue in die Polisie wat nie Meer die Mense Beskerm nie!

Die hoofdoel van die polisie is om alle inwoners van die land te beskerm en ten tye van nood, behulpsaam te wees, om wet en orde te handhaaf en misdaad te bestry. Maar huidiglik sien en ervaar al hoe meer wetsgehoorsame burgers, al hoe minder van die bogenoemde. Die burgers van die land leef inteendeel toenemend in vrees vir die polisie, ons ervaar by meer en meer geleenthede, waarby dit voorkom asof die polisie nie in ‘n posisie is, of die politieke wil het, om anargiste en woedende skares te beteuel nie. Ons het onlangs gesien wat in Piet Retief plaas gevind het, buite en binne die hof, waar vyf onskuldige boere beskuldig word van die moord op twee mans.

Buite die hof het oproermakers die polisie met klippe bestook, op ‘n klopjag gegaan en groot skade aan verskeie private voertuie aangerig. Daar is verneem dat polisie min gedoen het om hierdie slagoffers by te staan. Hulle het wel soms rubber koeëls gebruik om die skare te verjaag, maar blykbaa

Maties is nou ‘n Globalistiese Onderdrukker wie se Nuwe Embleem en Taalbeleid Bewys Swartes Kies Engels Bo Hul Eie Tale!

Dit is duidelik dat die gesprek by Universiteit Stellenbosch (US) nie gaan oor meertaligheid nie, maar liewer hoe om Afrikaans, die derde mees gesproke taal in die land, te verwyder, en engels, die vierde mees gesproke taal, heel bo te plaas. Dit blyk dat die kommunistiese taktiek van “inkrementalisme” toegepas word, waar elk “nuwe” taalbeleid teen ’n versnelde en rampspoedige spoed, verengelsing implementeer. Hoe meer nuwe taalbeleide en hersienings, hoe gouer die verengelsing, wyl min besef dat hulle vinniger af die gladde afgrond gly. Nog minder besef hulle, dat al is Afrikaans vyand nommer een, die bantoe tale net soveel in die visier is…

Met die hoeveelste nuwe konseptaalbeleid wat selfs Afrikaans as inheemse taal ontken, maar nie engels se inheemsheid bevraagteken nie, waar akademici hul woorde moet tel wanneer hulle met die militante ver links gedrewe media praat, en nogal koshuise wat studente verbied

Nog ‘n Naweek van Mes Aanvalle in Multikulturele Londen, Gaan dit Verskil Maak in Opkomende Burgermeestersverkiesings?

In minder as ‘n uur is 1 tiener dood, en 2 in die hospitaal, weens mes aanvalle in Sadiq Khan se Londen, die hoofstad van Groot-Brittanje, waar drie tieners op verskillende plekke in die stad met ‘n mes gesteek is, en dit alles binne minder as ‘n uur. Die gebrek aan veiligheid vir die inwoners van Londen maak meer opslae omdat burgemeestersverkiesings op 6 Mei plaasvind, en dit deel uitmaak van die verkiesingsveldtog. Maar Londen het nou ‘n Islamitiese burgemeester van die links-liberale Arbeidersparty genoem Sadiq Khan en skrikwekkend genoeg is hy die gunsteling in onlangse peilings.

Dit lyk asof daar geen einde is aan die golf van steekmisdade in die multikulturele Londen nie. Aktiviste wat bekommerd is oor hierdie neiging en spesifiek oor die misdade met wapens met lemme, sê “die polisie voer ‘n verlore stryd.” Volgens die Londense pers het die syfers in Londen ‘n rampspoedige prentjie getoon dat die gebruik van steekwapens tien keer

Die Oscars, Eens Die Grootaand van die Grootskerm, is Dood – Slegs 3% Amerikaners het na die Ver Linkse Cabal van Skynheilige Elitists Gekyk!

Hollywood is nou irrelevant: Sky News-gasheer Alan Jones het gesê dat hy nie verbaas is dat niemand belangstel, of ‘n lesing van die elite wil hoor nie, nadat die Oscars in 2021 tot ‘n rekord lae kykerstal gedaal het.

“Wie wil sit en kyk na ‘n groep narsiste, wat ‘n  oorbodige gevoel van self belang het, wat in paleise in Los Angeles woon en ure lank op TV aan ons wil preek?’’

Moenie dat die hoofstroommedia voorgee dat die Oscars of Hollywood nog iets beteken nie. Die ou rooi tapyt Hollywood “aand van aande“, soos die Oscars vroeër bekend gestaan het, is nou irrelevant en het verkrummel tot ‘n rekord lae kykers getal van slegs 9,85 miljoen in ‘n land van 328 miljoen, slegs 3% van die bevolking, wat met 58% laer is as verlede jaar se rekord laagtepunt van 23,6 miljoen kykers, wat ook met 6 miljoen laer as 2019 was.

Luister Hier: