
Orania het ‘n reg om te bestaan!
Wêreld Nuus
Nederland is steeds by vestek ‘n landbouland, wat ‘n kolossale resultaat lewer nieteenstaande sy oppervlakte, wat dit tweede plaas op die wêreldranglys vir uitvoere van landbou- en tuinbouprodukte. Die Nederlandse boere en tuinboukundiges vorm die historiese platform van ‘n welvarende Nederland, maar die globalistiese Rutte/Kaag-regering het egter, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se beleid, die plan geïmplementeer om ‘n aansienlike deel van hierdie boere en landboumaatskappye te likwideer of uit te koop.
Die vier dae lange vergadering van die wêreld oorheersende Wêreld Ekonomiese Forum lede, het onder groot bewaking, vanaf 22 Mei begin. Na twee jaar van afwesigheid, as gevolg van die korona-hipnose, word dit agter ‘n mag van 5,000 soldate en polisie gehou, en die gebied rondom en bokant Davos in Switserland word streng beskerm, selfs met ‘n “no fly zone”.
Naspers het lank gelede die besluit geneem om die liberale “reënboogland” te help instel en globalisme te bevorder, maar nou skielik verdedig hulle die nasionalisme van Ukraine? Dit nieteenstaande die feit dat liberale Naspers die skoothond van die Chinese Kommunistiese Party is, omdat die oorgroot meerderheid van Naspers se waarde in China is – aan die kant van Westerse liberalisme en globalisme val, wat nog ‘n nasiestaat probeer vernietig, in ‘n lang lys van verowerde nasiestate oor die laaste halwe eeu…
Massa media die wêreld oor demoniseer nou vir Vladimir Putin, soos hulle die afgelope 5 jaar met Trump gedoen het, waar hulle, soos gewoonlik, nie al die feite gee nie, of hulle versprei disinformasie, innuendo en fopnuus, net soos hulle gedoen het met hul valse pandemie narratief. Die nuutste “bogeyman” is om hul beheer en invloed oor Ukraine te behou en versterk, maar dit neem natuurlik ook die kollig af van hul totalitêre pandemie agenda, en sleepy Joe Biden se aanhoudende flaters.
Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie – en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.
‘n Ver linkse “berig” teen GAB is gepubliseer in Newsweek en die Washington Post, wat deur Jeff Bezos van Amazon besit word, wat gebaseer was op ‘n “verslag” wat deur die joodse Anti-Defamation League (ADL) gepubliseer is. Die sogenaamde verslag beklemtoon hoe mense GAB skakels op Twitter plaas waarvan die ADL nie hou nie. GAB is die alternatiewe sosiale media toep vir mense wat van linkse platforms soos Facebook en Twitter verban is, en ‘n toevlugsoord geword het vir konserwatiewes en Christene wat besef het dat die sisteem en owerhede self ver links is.
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.