Hoe Gaan Orania ‘n Afrikanerstad Word Maar Ook Verstedeliking Vermy? “Plattelandse Verstedeliking”?

Orania bars tans uit sy nate, en huise verrys soos paddastoele, terwyl grootmaatdienste so vinnig as moontlik aangelê word. Met meer as 10% groei in bevolking elke jaar, word daar gebou dat dit bars omdat Orania mik daarna om ʼn moderne Afrikanerstad te word, met ʼn baie sterk gevoel van plattelandse verstedeliking,

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

Iqbal Sharma in Hegtenis Geneem! Ondersoekdirektoraat Lê Beslag op R520 Miljoen Gupta Bates, Insluitend Luukse Eiendomme in Johannesburg en Kaapstad!

Die ondersoekdirektoraat (OD) het beslag gelê op bates ter waarde van meer as R520 miljoen wat aan die Gupta-familie behoort het, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel.

Koeberg-kragstasie Hoofbestuurder Geskors na Eenheid 1 Buite Werking is Sedert Januarie, wat Beurtkrag Vererger!

Eskom het bevestig dat die hoofbestuurder van Koeberg se kernkragstasie, Velaphi Ntuli, geskors is weens kwessies rakende prestasie, terwyl ondersoek ingestel word na die uitvoering van die Koeberg-kragstasie, Eenheid 1 by Koeberg wat sedert Januarie 2021 onderbreek.

Gevangenes, Poswerkers en Duisende in die Buiteland Ontvang Onwettige Covid Uitbetalings van ANC Regering Tydens Inperking!

ANC Minister Lindiwe Zulu sê 105 gevangenes en nog 4,276 mense wat buite SA woon, het tydens die nasionale inperking staatsubsidies vir Covid gekry.

Grondbeslagleggings in SA Tref ‘n Groot Struikelblok na ANC min Steun kry om Artikel 25 te Herskryf!

‘n Paneel van wetgewers oorweeg tans om Artikel 25 van die grondwet, wat handel oor eiendomsreg, heeltemal te verander. Dit was verlede maand veronderstel om sy werk af te handel, maar het versoek om uitstel van dertig dae nadat die lede nie eensgesind was nie.