Dit is duidelik tot wat ‘n mate mense gedesensitiseer is, oor Sosialisme en die Rooi Gevaar, uit opmerkings tydens die openbare verhore van die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur, oor die onteieningswet. Dit is duidelik dat deelnemers geen idee het van die implikasies van hierdie wet nie. Dit is dus die taak van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg om die publiek te waarsku, oor wat die gevolge vir die land en sy mense sal wees as die wet toegepas word.
By die verhore laas naweek in Orange Farm, Gauteng, het die deelnemers hul mening uitgespreek dat die Covid-19-pandemie gebruik moet word om die implementering van die Onteieningswet te bespoedig, en sodoende toegang tot openbare gesondheidsorg, polisiekantore, behuising, werk te kry, en ekonomiese geleenthede. Die “Groot Herstel” waarvan Ramaphosa en Sosialiste wêreldwyd praat is nie ‘n grap of fopnuus nie.
Luister Hier:
SAUK Radio Nuus van die dag. Skakel elke dag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur namiddag om na SAUK Radio se Nuus Bulletin te luister wat vir jou die nuus van die dag bring wat die blanke volk raak. Ons gebruik ‘n lae band stroom so dit neem nie baie data om heeldag lekker te luister nie. Stuur asseblief U nuus brokkies of pers-verklarings aan nuus “by” sauk.co.za. Indien U die nuus wil borg of wil adverteer, skakel ons gerus – alle inkomste word op ons platform spandeer. Indien U wil bydrae tot hierdie inisiatief, of ‘n potgooi het om uit te saai, kontak ons asb.