Grondonteiening in Nederland! Kommuniste Gebruik Stikstofkrisis as Verskoning om Boere se Plase te Vat!

Grondonteiening in Nederland - Kommuniste Gebruik Stikstofkrisis as Verskoning om Boere se Plase te Vat!

Min mense besef dat kommuniste vir boere haat met ‘n passie, oral oor die wêreld, en hulle sal enige verskoning gebruik om boere se grond in staatsbesit te kry, sodat hulle die burgers met voedsel kan afpers. In SA gebruik hulle die “gronddiefstal” leuen, in Nederland gebruik die linkse regering die beweerde stikstofkrisis om van baie boere ontslae te raak, soos uitgesit in twee beleidspakkette wat die Nederlandse Omgewingsbeoordelingsagentskap (PBL) vir die regering opgestel het, en wat hierdie week gepubliseer is. Die onteiening van die boere se grond, iets wat uitdruklik in die planne genoem word, beteken dat hulle deur die staat gedwing sal word om hul eie plase teen ‘n vasgestelde prys te verkoop.